REIS NADER AAN MEKAAR

 

Vir ons geestelike reis om enigsins sin te maak, kan ons dit nie alleen aandurf nie. Ons het ander mense nodig. Op hierdie pad, reis ons dus sook nader aan mekaar.

Verhoudings is die kanale waardeur God sy werk in en deur ons doen. Sonder betekenisvolle verhoudings in ons lewens, maak ons geestelike reis nie veel sin nie. As mense het ons konneksies in alle kontekste nodig, hetsy een-tot-een, in kleiner, meer intieme groepe, of as deel van massa bewegings verenig deur ‘n enkele doel en missie.

Elkeen van hierdie tipe verhoudings speel ‘n unieke rol in ons eie spiritualiteit, aook in hoe ons moontlik kan bydra tot die geestelike formasie van diegene waarmee ons kies om ons onmiddelike lewensruimtes te deel. Die mense met wie ons die meeste van ons tyd spandeer, vorm ons.

Ons almal word deurgaans uitgenooi om verhoudings te kultiveer wat ons in elke area van ons bestaan op betekenisvolle maniere kan omvorm, hetsy op ‘n direkte, persoonlike vlak, of as deel van ‘n groter gemeenskap.

MOSAÏEK SKEP GELEENTHEDE

Mosaïek gemeente besef die waarde van verhoudings met ander, en daarom is ons intensioneel doenig om geleenthede te skep waarbinne elke tipe verhouding op ‘n spontane wyse kan vorm en floreer.

Die groter geloofsgemeenskap byeenkomste, geestelike vriendskap roetes soos die terapie en coaching-geleenthede, die kleiner groepsgebasseerde vriendekringe soos gebeds- en gesinsgroepe, is alles doelbewus ontwerp om jou in jou soeke na meer en betekenisvolle verhoudings te vergesel.

Ons deel julle mee wat ons gesien en gehoor het, sodat julle ook saam met ons daarin kan deel. Ons het saam deel aan die Vader en die Seun, Jesus Christus.

1 Johannes 1:3 (NLV)