ELKE REIS BEGIN ÊRENS

Ten eerste reis ons in die rigting van ‘n groter bewustheid van God – wie Hy is en hoe ons ‘n diep verhouding met Hom kan hê.

ELKE REIS BEGIN ÊRENS

Ten eerste reis ons in die rigting van ‘n groter bewustheid van God – wie Hy is en hoe ons ‘n diep verhouding met Hom kan hê.

Hoe sal dit lyk as jy Sy teenwoordigheid kan aanvoel en Sy stem kan hoor, maak nie saak in watter omstandigheid, tyd of plek jy jou bevind nie? Hoe sal jou lewensuitkyk en wêreldbeskouing verander as jy ‘n groeiende, lewendige verhouding met God kan beleef? Sal dit nie ‘n drastiese en dinamiese impak maak op elke ander aspek van jou lewe nie?

Deur ‘n versameling spesifieke lewensritmes te kweek en deur dissipline in ons alledaagse bestaan in te messel, sal ons dieper groei in ons bewustheid van God. Ons sal leer hoe om God beter te verstaan en te groei in ons besef van Sy teenwoordigheid – in en om ons.

Ons verstaan dat die lewe partykeer meer vrae laat ontstaan as wat hy antwoorde gee. As ’n geloofsgemeenskap is ons saam op soek – nie noodwendig na die beste antwoorde nie, maar na beter maniere om met ons vrae te worstel.By Mosaïek leer ons om beter vrae te vra deur saam op reis te wees.

MOSAïEK GEMEENTE WIL JOU VERGESEL OP JOU REIS DIEPER IN GOD SE TEENWOORDIGHEID IN.

Die volgende geleenthede en hulpmiddels is spesifiek vir hierdie doel ontwikkel:

Elkeen moet sy lewe leef op die plek waar God hom wil hê en doen wat God hom vra. Moet nou nie so lewe asof julle aan mense behoort, en asof julle alles moet doen wat hulle sê nie.

1 Korintiërs 7 (MSG)