Ons lewe in ‘n dag waar nabye konneksies en verhoudings skaars is. Ons lewens is gejaag, vol, eensaam en gekompartementaliseer.

Tóg is ons elkeen gemaak vir verhouding. Ons is gemaak om stories te deel en nabye konneksies met mekaar te ervaar.

 

Ons staan jou by om die spesifieke spasie vir jou lewensfase en seisoen te vind: Een-tot-een gesprekke, groep- en gesinservarings, en groot-groep belewenisse.

Gaan gerus na mosaiek.churchcenter of kontak ons om by ‘n groep in te skakel.

LEWENSGROEPE

Ons groei dieper in verhouding met God saam met mekaar.

In lewensgroepe is ons op ‘n formasiereis. Weeklikse ontmoetings gaan dus daaroor om geestelike gesprekke te voer rondom die skrifgedeelte, teks en tema van die week. Hoe leef ons Sy woord? Hoe ondersteun ons mekaar in hierdie reis? Vind konneksie en geborgenheid in ‘n groep in jou lewensfase.

Ouers met Laerskool Kinders

Ouers met Jong Kinders

Ouers met Tieners

Lewensfase
50-65

Lewensfase
40-50

Vroue-
Formasiegroep

Manne Lewensgroep

BELANGEGROEPE

Ons gedeelde belangstelling nooi ons om nader in verhouding met mekaar te groei

In hierdie groepe ontmoet ons mekaar in dit wat ons in gemeen het of saam kan geniet. Ons bou aan verhoudings soos wat ons maadeliks ontmoet.In die samesyn vind ons die geskenk van mekaar soos wat ons as die Mosaiek familie groei.

CS Lewis Groep

Hiking Groep

Kreatiewe Bybelkuns Groep

Maestro Bybelstudie Groep vir Lewensfase 65+

Expat Groep

Klassieke Karre Groep

Manne Belangegroep

ONDERSTEUNINGSGROEPE

Depressie
Ondersteuningsgroep

Verlies
Ondersteuningsgroep

Ouers van Kinders met Spesiale Behoeftes