BELEEF ONS DIENSTE AANLYN

Ontvang die uitnodigings wanneer die lewe jou vat na plekke van onsekerheid en wag: dit is die begin van ‘n nuwe lewe saam met Hom.

Aanlyn-dienstye

Sondae:
08:30 (Afrikaanse Preek)
10:15 (English Sermon)
17:00 (Afrikaans herhaling)
18:30 (English repeat)

Woensdae:
17:00 (Afrikaans herhaling)
18:30 (English repeat)

 

KLIEK GERUS OP ENIGE VAN DIE VOLGENDE KANALE OM DIE DIENSTE AANLYN TE KYK:

Meer oor ons Aanlyn-Diensbelewenis

In die lig van COVID-19 het daar ’n nuwe uitnodiging na ons as Gemeente gekom om saam aanlyn kerk te hou. Op die manier kan jy steeds deel wees van ons diensbelewenis. Getrou aan ons roeping gaan ons Dieper, Nader en Verder.

Geloof

Meer as ooit vantevore, verdiep ons in ons verhouding met God.
Dit nooi ons uit om met Hom te praat oor ons bekommernisse en die uitdagings wat in hierdie tyd ons pad langs kom.
As span wil ons julle ondersteun en bystaan deur onder andere pastorale gesprekke en gebed. Kontak ons gerus by info@mosaiek.com

Liefde

Meer as ooit vantevore, beweeg ons nader aan mekaar.
Hoe sal dit wees om saam as gesinne en kleingroepe bymekaar te kom en geestelike gesprekke te voer?
Deur aktiewe leergeleenthede daar te stel, wil ons julle verder bystaan met maniere om geloofsgemeenskap te ervaar.

hoop

Meer as ooit vantevore, is ons hoop vir ons wêreld.
In ’n tyd waar isolasie ’n groot rol speel, wil ons op kreatiewe maniere voortgaan om behoeftiges te bedien.
Hou ons webblad en sosiale platforms dop vir verdere inligting.