Komende Sondag
Komende Sondag, 20 Mei, begin ons met 'n nuwe preekreeks 'Letters to live by' wanneer ons vir vier weke gaan reis deur die brief wat Paulus aan die gemeente van Filippi geskryf het. Trevor Hudson (AM) en Roelof Nel (PM) lei die reeks in met 'n boodskap oor 'Focus'.
Ons wil graag weet wat jou lewensfokus is. Om ons meer hieroor te vertel, maak gerus van dié webvorm gebruik.
Aanvullend tot die preekreeks
Ter aanvulling tot die huidige reeks, 'Letters to live by', is daar 'n uitdeelstuk beskikbaar waarin daar gefokus word op 'n paar skrifgedeeltes Filippense. Jy kan die eerste deel oor die tema 'Focus' hier aflaai.






