Invest

Invest 2012

Invest 2012

Mosaïek is die kunsvorm wat die gemeenskap van gelowiges in die Noordweste van Johannesburg se verbeelding aangegryp het, toe hulle in afsondering saam gebid en gewroeg het oor die toekoms van die gemeente.

Iets omtrent die skoonheid wat uit gebrokenheid herskep kan word, het saamgevat waarvoor dié gemeente wou staan: 1Om op persoonlike vlak te beleef hoe God uit hulle gebrokenheid, 2iets skoons en kosbaars kan omvorm en te sien hoe gebroke lewens wat saam die lewe diep met mekaar deel, iets beeldskoons uitbeeld. Kuns inspireer mens, en hulle droom was dat in hulle uitlewing van hulle geloof, 3ander iets kan sien van wat die Here se droom vir almal kan wees – soos hulle verstaan Jesus geleer het – om die Here lief te hê (OP-INwaarts), om hulle lewens met ander op diep vlakke te deel (METwaarts), en om 'n verskil in hulle wêreld te maak (UITwaarts).

Hierdie drie bewegings is sigbaar in die drome wat hulle glo die Here op hulle harte druk, en hulle is opgewonde oor wat voorlê. Hulle sien net gedeeltelik, maar dit is aangrypend.

Op Sondag 5 Februarie 2012 is dit Visie-Sondag, en word Invest vir dié jaar geloods. (Sien gerus hier die Invest 2012 Brosjure)

Mosaïek INVEST is die inisiatief wat fondse bestuur en rig om die drome te bereik – in lyn met 5 oogmerke wat ons gelei voel om te ontwikkel:

Preekreekse

Nuus