’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Winterfest

Winterfest is ‘n geleentheid vir ons as gemeenskap om saam te kuier en te connect deur die kunste.

 

Kaartjies beskikbaar by Mosaïek Ontvangs en by die i-desk op ‘n Sondag.

Die Koorfees-kaartjies kan ook vanaf i-tickets gekoop word.

 

TYD VERTONING BESKRYWING VENUE KOSTE
VRYDAG 27 JULIE 2018
18:30 Koorfees ‘n Koorbelewenis waarby Mosaïek Koor, sowel as verskeie gaskore en kunstenaars betrokke is. Teatro R50
SATERDAG 28 JULIE 2018
9:00 Koek en Tert Koek en Tert is Susan Coetzer se 2de eenvrouvertoning – ‘n komedie met ‘n hart wat jou sal laat skaterlag. Dis die vroulike teenvoeter vir “Groet die Grotman” en behoort deur elke vrou in Suid-Afrika gesien te word- asook die mans…. “Koek en Tert” sal jou ten minste vir ‘n uur van al jou probleme laat vergeet! Lag en die wereld lag saam met jou, huil en jy huil alleen. Mezzanine R50
9:00 Poppekas “The Mess Monster” poppevertoning, gevolg deur ‘n poppemaak-werkswinkel vir die kinders. Alle material ingesluit in die prys, en kinders kan die poppe saamneem huistoe. R80
10:00 Live musiek – Dené Vorster Communio Gratis
10:30 Skrywershoekie Skrywers Hykie Bergh (My Storie van Hoop) en Susan Coetzer (Selma en Louise) vertel van hulle boeke en beantwoord vrae. Daar is ook geleentheid om die boeke te koop. Communio Gratis
11:00 Live musiek – Evan Communio Gratis
11:30 Rooidag – NP van Wyk Louw

getoonset en gesing

Leon Gropp (voorheen van die kitaarduo CH2) is te siene in sy produksie “Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing”. Die geliefde skrywer se prosa vorm die bindingsteks vir die produksie wat `n melodieuse tapisserie weef van kitaar-, tjello- en perkussieklanke. Van die gedigte wat getoonset is, is `Grense`, `Daar is geen woord`, `Rooidag`, `Gebed` en `Ons liefde is `n uur se ydelheid`. Mezzanine R50
11:30 Creative workshop Arts and crafts vir die kinders R50