Mosaïek tree in Oktober as gasheer op vir die Willow Creek Global Leadership Summit op. Hierdie twee dag konferensie wat deur middel van videocast plaasvind beywer homself om leiers te ontwikkel en te inspireer. Sprekers hierdie jaar sluit onder meer in Bill Hybels van Willow Creek Community Church, Chuck Colson en Brad Anderson, CEO van Best Buy, 'n groot handelaar in die VSA. Brosjures is by die idesk beskikbaar, en daar is spesiale tariewe vir Mosaïekers. Navrae: Sonja Kloppers willow@mosaiek.com / 011 268 4700.