



Vir meer as 20 jaar is Johan Geyser reeds die Kulturele Argitek van die Mosaïekgemeente. In sy passie om mense te ontwikkel is hy geseën met 'n unieke kapasiteit vir onderrig, op beide 'n plat-op-die-aarde én pragmatiese wyse. As iemand wat lief is daarvoor om te leer, soos sy doktorsgrade in Teologie en Opvoedkundige Sielkunde getuig, is hy tans besig met navorsing oor spiritualiteit, en gee hy klas op 'n deeltydse basis by die Universiteit van Johannesburg. Hy is getroud met sy hoërskool-liefde, Wilma, wat sy passie deel as 'n potential coach by Mosaïek. Hulle seun, Remon is getroud met Helene. Wanneer Johan nie 'n gesprek fasiliteer, onder boeke begrawe is of tyd saam met sy familie en vriende spandeer nie, sal jy hom êrens in die natuur op 'n fiets kry.
Indien jy sou wou, kan jy gerus 'n e-pos aan Johan stuur.
For more than 20 years, Johan has served as the Cultural Architect at Mosaïek. Passionate about developing people, he has been blessed with an unique aptitude for teaching, in both a down-to-earth and pragmatic manner. As an avid learner, as doctorates in both Theology and Educational Psychology can testify, he is currently busy with research in spirituality; and lectures at the University of Johannesburg on a part-time basis. He is married to his high school sweetheart, Wilma who shares his passions as a potential coach at Mosaïek. Their son, Remon is married to Helene. When not facilitating a conversation, being buried under books or spending time with his family and friends, Johan can usually be found on a bicycle.
If you would like to, you can send Johan an email.
Trevor Hudson is al vir langer as 30 jaar betrokke in bediening in 'n Metodiste-konteks. Hy is tans deel van die pastorale span by Northfield Methodist Church in Benoni, en vorm ook deel van die preekspan by Mosaïek op 'n deeltydse basis. Trevor is ook 'n gevestigde skrywer wat die verbind is tot die werk en bediening van die plaaslike geloofsgemeenskap. Hy glo sterk dat vir iets plaaslik moet wees om eg te wees.