



SIELKUNDIGE / PSYCHOLOGIST
(Scroll down for English)
Dr Johan Ferreira praktiseer as sielkundige in privaatpraktyk in Johannesburg vanaf 1997 en bedryf vanaf September 2005 sy praktyk voltyds vanaf die Wholeness Sentrum by Mosaïek. As hoof van Sielkundige- en Terapeutiese dienste by Mosaïek is hy hoofsaaklik besig met terapeutiese sessies, maar is ook verantwoordelik vir supervisie van sielkundiges, intern-sielkundiges en beraders, die ontwikkeling en aanbied van kursusse en is 'n dosent by die Mosaïek Akademie in Pastorale Sorg.
Ons medewerker wat die leier van ons Diabetesondersteuningsroep vir die afgelope 5 jr is, Cornelia Laubscher, het Saterdag 12 November 2011 'n suksesvolle Diabetes Werkswinkel by Wholeness@Mosaiek gereel. Kinny, ons administrateur by Pastorale Sorg, Razana van Diabetes SA en Cornelia het die reelings gekoordineer en saam het hierdie staatmakers 'n oggend van uitnemende standaard laat gebeur. Van die uitstallers het diabetiese aanvullings en maaltydvervangings kom bekendstel.
Wholeness@Mosaiek se Diabetesondersteuningsgroepfassiliteerder, Cornelia Laubscher, het saam met Diabetes SA in die afgelope twee maande twee diabetes screening geleenthede aangebied en daar was onderskeidelik 35 en 70 mense wat hulle diabetes screening laat doen het. Ons hier by Wholeness wil ons opgewondenheid en groot dank teenoor Cornelia uitspreek vir haar voortgesette en gemotiveerde pogings om 'n bewussyn te skep oor diabetes onder die Mosaiek-gemeenskap. Gaan kyk gerus op die webwerf vir die opkomende Diabetesoggend wat Cornelia
Sondag 25 September 2011 het Diabetes SA in samewerking met Wholeness se Ondersteuingsgroep vir Diabete na die oggend dienste bloedsuiker getoets asook bloeddruk geneem. Die opkoms was baie goed – 35 mense het hulle suiker en bloeddruk laat toets en 3 mense het kom navrae doen ivm die Ondersteuningsgroep vir Diabete. Wat n great manier om n awareness van Diabetes onder mense in ons community te bring! Ons volgende screening is 23 Oktober 2011.
Kom gesels saam met ons oor die belangrike aspekte rondom die bestuur van Diabetes.
Datum: 12 November 2011
Tyd: 10:00 – 13:00
Plek: Wholeness sentrum/lokaal moet nog bevestig word.
Koste: R60 per persoon (verversings ingesluit)
Registreer asb by die idesk of vir meer besonderhede skakel asb vir Cornelia Laubscher by 0824444698 of cornelia.laubscher@yahoo.com
Enige iemand wat aan diabetes ly of dink hulle het moontlik diabetes / insulien weerstandigheid / pre-diabetes / lae bloedsuiker kan Sondag 23/10/11 na die oggend dienste hulle bloedsuiker laat toets by die Wholeness sentrum. Kom vind ook sommer meer uit rondom ons Ondersteuningsgroep vir Diabete.
Kyk gerus hier die video oor die Emosionele been van Wholeness, onder leiding van Dr. Johan Ferreira.
'Positive' wisdom literature
Gaan besoek ons op ons Facebook bladsy onder "Psychology for Wholeness" en kliek op die 'like' opsie om te connect. http://www.facebook.com/pages/Psychology-for-Wholeness/238541109508979 .
Volg ook insetsels op twitter onder "johanlferreira".