’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Wholeness | Huweliksbediening

8 Weke Huweliksverrykingskursus

8 April tot 6 Junie – Elke Woensdag aand.

18:30 tot 20:30 in Café Familia.

 

Hierdie agt weke kursus is ‘n reeks van agt sessies, opgestel om paartjies te help om aandag te skep in hul verhouding en om ‘n sterker huwelik te bou.

Praktiese hulpmiddels word verskaf wat huwelikspaartjies lei in effektiewe kommunikasie, konflik oplossings en ‘n dieper verstaan van mekaar.

Elke byeenkoms sluit ‘n aandete in, in Café Familia, met die aand se huwelikstema en ‘n private tydjie vir bespreking as ‘n paartjie.

Ons het ‘n span sprekers wat hierdie aande sal lei.

Koste van die kursus beloop R900 per paartjie (kos en kursus materiaal ingesluit).

Kindersorg kan gereël word by Mosaïek, wat teen R150 per kind beloop (etes uitgesluit).

 

 

Registreer by Kinny Sinden: 011 215 7207 | kinnys@mosaiek.com