Werner Human is tans die leier van die Pastorale Sorg-been by Wholeness. Hy is ‘n dosent in Psigologie aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is ook besig met sy Doktorsgraad in Adult Attention Deficit Hyperactivity Disorder.
By Wholeness fokus Werner op een van sy belangstellings, psigoterapie, asook ondersteuningsgroepe, berading vir pare en individue, egskeiding, kliniese werk, leierskap en die ontwikkeling en voorlegging van leerervarings.
Die span onder Werner fokus op Pastorale sorg, huwelike, begrafnisse, berading, ondersteuning, seniors, siekes en verhoudings.