Onderwerp “Art'Sync”

Art’Sync Feb 2012 – ‘n Kunste Konneksie-geleentheid saam met Retief Burger


12/02/2012 11:45

Die eerste Art’Sync byeenkoms vir 2012 is om die draai en ons wil julle graag meer vertel oor wat ons beplan!

Retief Burger (Luidkeels) besoek  Mosaïek  op Sondag 12 Februarie en gaan net na die tweede oggenddiens ‘n sessie fasiliteer vir al ons kunstenaar-medewerkers. Ons nooi julle graag na hierdie geleentheid om 11h45 tot 13h00. Ons gaan saam as kunstenaars en kuns-liefhebbers binne Mosaïek die jaar 2012 betree en heerlik saam kuier. Al ons kunstenaars word uitgenooi!

Art’Sync Des 11 – ‘n Konneksie-geleentheid vir kunstenaars binne Mosaïek


06/12/2011 18:30

Dis Kerstyd!! Ons nooi julle graag na die laaste Art’Sync-geleentheid van die jaar op 6 Desember 2011. Ons gaan saam as kunstenaars en kuns-liefhebbers binne Mosaïek die jaar 2011 celebrate en saam kuier as Inspirerende Kunste by Mosaïek. Al ons kunstenaars word uitgenooi en die verskeie spanne sal daarna na hulle onderskeie jaarafsluitingsgeleenthede beweeg.

Art’Sync Spt 11 – ‘n Konneksie-geleentheid vir kunstenaars binne Mosaïek


Art’Sync is ‘n half-uur byeenkoms op die eerste Dinsdag van elke maand waar ons saam in ons  journey as kunstenaars op reis is met God, mekaar en die wêreld. Die Inspirerende Kunste by Mosaïek het hierdie nuwe konneksie-geleentheid begin vir al ons verskeie kunste-spanne, kunstenaars en kuns-liefhebbers binne Mosaïek om op ‘n meer gereelde basis saam te kuier, connect, celebrate, groei, devotion, visioneer en kreatief te verkeer.

X
Loading