Onderwerp “Kleingroepe”

Kleingroepe

Wil jy graag deel word van ‘n kleingroep in die Mosaiek community? Kleingroepe is ruimtes om Jesus te volg saam met ander. ‘n Beweging van isolasie na community.   Soos ons die lewe intensioneel deel, tree ons op as spieëls vir mekaar. Ons leer onsself beter ken en hoe die mooi en skadu-kant te omarm. Kleingroepe loop saam, leer saam en het saam lief. Groepe word saam stil om ‘n Skrifgedeelte, ontwikkel hulle verbeelding om daarin te leef, en deel hulle journey met God.

Mosaiek kleingroepe kom weekliks bymekaar in huise regoor die die groter Johannesburg omgewing. Elke kleingroep verskil in samestelling, lewensfase en werkswyse. Kleingroep-lewe strek van die bestudering van die Skrif, gebed, boeke lees, ander dien, ondersteun, saam ontspan en ‘n ete deel - elkeen is uniek tot die groep. Ons help jou graag om ‘n geskikte groep te vind. Kontak gerus Jacques Bornman jacquesb@mosaiek.com of 011 268 4708

  • Indien jy die leier of fasiliteerder is van ‘n groep in Mosaiek, stuur gerus ‘n epos aan jacquesb@mosaiek.com en versoek ‘n uitnodiging na ons sosiale netwerk.

Bestaande Kleingroepe van Mosaïek

Indien jy graag by 'n bestaande kleingroep wil inskakel, klik gerus op jou toepaslike lewensfase hieronder vir meer inligting:

 

Kleingroepe

Kleingroepe fokus op die gedeelte lewe in Christus. Lede ondersteun mekaar deur gebed, deel hulle journey saam met God deur die lewe, en die praktiese leef van Skrifgedeeltes. Groepe kan ook saam uitreik.

Kleingroepe @ Mosaiek

Die geestelike reis is ’n avontuur – waar ons ontdek wie ons in God is, en hoe om ’n lewensritme te ontwikkel as Sy geliefdes. Die reis is na binne, na mekaar en buite. Die reistog is egter nie een vir alleen-stap nie. Dit is bedoel om gedeel te word – in community met ander.  Om ons lewe met ander in gemeenskap te deel, is ‘n onmisbare aspek van ons spiritualiteit. Die vraag is: “Waar vind ek ’n groep mense saam wie ek kan groei in my verhouding met God, in liefdevolle verhoudings met mekaar, en die wêreld?”

Kleingroepfasiliteerders ontbyt


18/02/2012 08:00
18/02/2012 10:00

Tydens die interaktiewe kleingroepleiers-interaksie sal jy die geleentheid kry om met ander fasiliteerders te connect, meer uit te vind van hoe julle kleingroep ondersteun kan word, en praktiese opleiding ontvang in jou rol as kleingroepleier. Om te registreer kontak Magda Botha magdab@mosaiek.com / 011 268 4704

 

 

Turbo: Die proses vir nuwe kleingroepe


16/02/2012 19:00
08/03/2012 19:00

CommUnity bied die Turbo-proses aan vir persone wat belangstel om deel te word van n kleingroep. Tydens hierdie 4 weke proses leer ken jy ander mense, ontdek saam hoe 'n lewe in community lyk, en hoe 'n kleingroep funksioneer. Uiteindelik word nuwe groepe deur die proses geloots. Die eerste Turbo-proses vir 2012 skop Donderdag 16 Februarie af om 19h00. Om te registreer, kontal Magda Botha magdab@mosaiek.com / 011 268 4704

 

Kleingroep fasiliteerder Interaksie oor Authenticity en Commitment - 6 Nov 2011


Wonder jy soms oor 'commitment' in julle kleingroep? Tydens hierdie 45min interaktiewe interaksie & connect geleentheid gesels ons juis oor hierdie onderwerk, met praktiese maniere hoe jy jou kleingroepe kan aflsuit.

 

Skakel in by Marelize Malan se kleingroep


Maak van hierdie vorm gebruik om by hierdie Kleingroep in te skakel.

Kleingroepfasiliteerders Interaksie


06/11/2011 09:30
06/11/2011 10:15

 

Turbo Kleingroepe


29/09/2011 19:00
13/10/2011 20:00

Deur ons Turbo-kleingroep proses, stig ons totaal nuwe groepe na ‘n 3 weke proses. Die proses, wat by Mosaiek plaasvind, ontdek ons saam hoe ’n lewe in community met ander lyk, en stel ons die belangstellendes aan mekaar voor. Groepe kom organies tot stand – waar jy die geleentheid kry om self te kies saam wie jy in ’n groep wil wees. Dit is dus baie belangrik om elke Donderdagaand by te woon, sodat groepkohesie kan plaasvind.

CommUnity Engauge - Week 3


Preekreekse