Kompas is 'n bekendstellingsgesprek tot die journey van Mosaïek. Is jy op ‘n plek waar jy wil hande vat met die gemeente? Het jy vrae oor jou unieke spiritualiteit? By Kompas begelei Johan Geyser ‘n gesprek rondom kerkwees, die unieke roeping van die gemeente, ons spiritualiteit en bied ook ‘n ontmoetingsgeleentheid met van die bedieningsleiers in die gemeente.
Leerervarings op Saterdae:
Ons bied ook ’n geleentheid op ’n Woensdagaand in die derde kwartaal indien jy nie ’n Saterdag kan bywoon nie.
Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel / 011 215 7202.
Wil jy ‘n verskil maak, maar voel onseker, en weet nie hoe nie? Wil jy ’n sinvolle bydrae lewer? Watter rol speel jou gawes (wat?), passies (waar?) en jou persoonlikheid (hoe?) in hierdie besluit? By UITwaarts, begelei Jeanetta Basson, Johan Beukes en Jacques Bornman ‘n gesprek rondom hierdie beweging, waar jy ’n stap in die rigting kan neem om jou plek te ontdek.
Leerervarings:
Om jou verder te begelei op die beweging bied ons die volgende interaktiewe leerervaringe.
Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel by 011 215 7202 of barettan@mosaiek.com.
Die Bybel praat baie daaroor dat ons lewe ander volgers van Jesus moet insluit – dis Community. Maar waar? En hoe? En hoe lyk hierdie connection?
Leerervarings:
Die tweede kwartaal-leerervarings by Formatio is reeds aan die gang en is reeds gesluit.
Vir meer inligting oor latere leerervarings, kontak gerus vir Baretta Nel / 011 215 7202.YPC with Bouwer Bosch, Deon Meiring, Onbeskaamd, 13thFloor and Manie Botha
Bring your friends, bring your buddies and come experience God, love and being free in way that will blow your mind.
Formatio bied sy eerste retreat aan van 10-12 Junie 2011 saam met Willem Nicol by Origins met die Tema: Vrygemaak: Die spiritualiteit van Paulus.
Hierdie is 'n geleentheid waar jy ...
... weer jouself kan vind,
... verder kan reis op jou eie journey,
... net weer kan stil word,
... by God kan uitkom.
Formatio - ‘n Journey van groei
Die Mosaïek Stapklub het ontstaan in 2008, en sedertdien vind stappe op ʼn gereelde basis plaas. Stappers word die geleentheid gegun om die natuur te ervaar en van die stad se geraas en gejaag te ontsnap. Nuwe vriendskappe word ook tydens hierdie stappe gesmee.