



Sondag 12 Februarie gaan ons voort met die preekreeks: 'Antieke Wysheid - 'n Reeks uit Spreuke'. Trevor Hudson (AM) en Pieter le Roux (PM) deel 'n boodskap met die tema "Words matter".
Ons het ook op Sondag 5 Februarie, die Invest-oogmerke vir 2012 genoem. Jy kan hier 'n onderneming maak om onderasteuning aan te meld, of hier direk 'n kredietkaart bydrae maak. Navrae kan aan Tiaan Willemse gerig word.
Op Sondag 5 Februarie het Mosaïek 'n bedieningsverslag van 2011 vrygestel, waarin ‘n jaar in die lewe van die gemeente uiteengesit word, die binne-werking van Mosaïek en finansiële syfers van die jaar wat verby is. Daar word ook gefokus op die verskeie bedeininge se drome en planne vir 2012.
Jy kan 'n PDF-dokument van die verslag aflaai.