’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Verdere Tree na die Lent-seisoen

Vir baie persone was die Lent-seisoen ‘n wonderlike geleentheid om ‘n regula te vestig – ‘n daaglikse tyd vir afsondering, gebed en stilte.
Die volgende kan jou help om verdere tree te gee om dieper te groei in jou verhouding met God:
Praxis: 
Sondae om 18:30 in die Klipkerk
Iets gebeur in ons wanneer ons saam met ander bid.
Ons word innerlik versterk as ons mekaar se toewyding en liefde vir God mekaar beleef
Tydens Praxis beoefen ons saam gebed deur Skrifmeditasie, gebedsange en stilte.
Spirituele begeleiding: 
Spirituele begeleiding is een-tot-een-gesprekke tussen ’n begeleier en ’n begeleide.
Deur te luister na jou belewenis en reflekterende vrae te rig, “blaas die begeleier die stof uit jou oë” wat jou help om bewus te raak van God se werking in jou innerlike lewe, en die uitnodigings wat God aan jou rig.
Vir navrae en afsprake, kontak Jacques Bornman | 011 268 4708.
 
By Origins wil ons die eeue-oue praktyk van afsondering meer deel maak van ons lewensritme. Dit is belangrik om onsself af te sonder, stil te word en op God te wag. Die Bybel vertel ons immers dat dit juis dan is wanneer ons krag sal ontvang om met passie en deernis ’n inspirerende lewe te leef wat ’n verskil maak.
 
Vir meer inligting, besoek Origins se webwerf, of kontak Ina van der Merwe by retreats@mosaiek.com