Onderwerp “Wat doen ons”

Oriëntering

Oriëntering in 2012

Is jy op ‘n plek waar jy wil hande vat met die gemeente? Het jy vrae oor jou unieke spiritualiteit? Of die ‘journey’ waarvan ons heeltyd praat? By Oriëntering begelei Johan Geyser ‘n gesprek rondom kerkwees, die unieke roeping van die gemeente, ons spiritualiteit en bied ook ‘n ontmoetingsgeleentheid met van die bedieningsleiers in die gemeente.   

Leerervarings op Saterdae:

  • 12 Mei
  • 4 Augustus
  • 13 Oktober

Ons bied ook ’n geleentheid op ’n Woensdagaand in die derde kwartaal indien jy nie ’n Saterdag kan bywoon nie.  

Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel / 011 215 7202.

UITwaarts

Wil jy ‘n verskil maak, maar voel onseker, en weet nie hoe nie?  Wil jy ’n sinvolle bydrae lewer? Watter rol speel jou gawes (wat?), passies (waar?) en jou persoonlikheid (hoe?) in hierdie besluit? By UITwaarts, begelei Jeanetta Basson, Johan Beukes en Jacques Bornman ‘n gesprek rondom hierdie beweging, waar jy ’n stap in die rigting kan neem om jou plek te ontdek.

Leerervarings:

Om jou verder te begelei op die beweging bied ons die volgende interaktiewe leerervaringe.

  • Vocatio (Gesprekke oor roeping en leierskap) – Johan Beukes
  • Community Medewerkers- / Leiersopleiding – Johan Beukes
  • Fasilitering en Berading – Pieter le Roux
  • Missional living
  • Persoonlike Finansies en Finansiële Beplanning
  • Manage your money, live your dreams (Begin reeds 4 Mei)
  • woord uit Woord

Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel by 011 215 7202 of barettan@mosaiek.com.

METwaarts

Die Bybel praat baie daaroor dat ons lewe ander volgers van Jesus moet insluit – dis Community. Maar waar? En hoe? En hoe lyk hierdie connection

Leerervarings:

Eerste kwartaal-leerervarings vir 2012

Eerste kwartaal-leerervarings vir 2012

In die eerste kwartaal is daar vier interaktiewe leerervarings wat by Formatio aangebied word:

The heart's desert journey - met Trevor Hudson (22 Februarie tot 14 Maart)

Sluit aan by Trevor en jou mede-reisigers op 'n verkenningstog die woestyn in op soek na die diepere betekenis van die rol wat die 
woestyn gespeel het in die lewe van Jesus. Kom beleef die rol wat die woestyn ook vandag steeds in jou lewe kan speel.

Ek en my geldsake - met Johan Gouws en span (29 Februarie tot 14 Maart)

In die eerste helfte van hierdie leerervaring fokus ons op die individu se unieke geld-persoonlikheid sowel as die ekonomiese- en Bybelse beginsels rondom geld. Kursusgangers ontvang ook opleiding in die saamstel van 'n huishoudelike begroting met behulp van 'n praktiese model. In die tweede helfte van die kursus word gesprekke gehou rondom die basiese beginsels en riglyne wanneer dit kom by besluite oor beleggings, mediese- en korttermynversekering. Laastens raak ons ook die belangrike onderwerpe van testamente en boedelbeplanning aan.

 

Vir meer inligting oor die leerervarings, kontak gerus vir Baretta Nel / 011 215 7202. Jy kan ook hier registreer vir al die bogenoemde leerervarings.

Wat doen ons: - Welkom

Mosaïek wil 'n verskil maak.

Deur verskeie bedieningspanne, taakgroepe, vennootskappe en inisiatiewe word daar gepoog om spasies te skep waar ons saam kan groei in ons verhouding met die Here (OPwaarts), mense in ons lewens kan innooi om saam die lewe voluit te doen (METwaarts), en om 'n verskil te maak met ons lewens deur die toepassing van ons elkeen se unieke gawes, talente, passies en persoonlikheid (UITwaarts).

In hierdie seksie kan jy meer uitvind oor van hierdie spanne.

FREE Youth Passion Conference


22/07/2011 18:30
22/07/2011 22:00

YPC with Bouwer Bosch, Deon Meiring, Onbeskaamd, 13thFloor and Manie Botha

Bring your friends, bring your buddies and come experience God, love and being free in way that will blow your mind.

Formatio retreat saam met Willem Nicol


10/06/2011 16:00
12/06/2011 12:00

 

Formatio bied sy eerste retreat aan van 10-12 Junie 2011 saam met Willem Nicol by Origins met die Tema: Vrygemaak: Die spiritualiteit van Paulus.  

Hierdie is 'n geleentheid waar jy ...

... weer jouself kan vind,

... verder kan reis op jou eie journey,

... net weer kan stil word,

... by God kan uitkom.

Formatio eerste kwartaal


 

Formatio - ‘n Journey van groei

 

Mosaïek Stapklub

Die Mosaïek Stapklub het ontstaan in 2008, en sedertdien vind stappe op ʼn gereelde basis plaas. Stappers word die geleentheid gegun om die natuur te ervaar en van die stad se geraas en gejaag te ontsnap. Nuwe vriendskappe word ook tydens hierdie stappe gesmee. 

Paasfest


Paasfest

Preekreekse