



Mias en Hele Steenberg se pragtige kleinding, Vian, is gebore op Vrydag, 12 Maart om 21:55. Al was hy vroeg, het hy 'n volle 3.48kg geweeg en was 50cm lank! Die Tegniese Kunste span wens die Steenberg-gesin geluk en vreugde toe en hoop dat Vian eendag ons span sal join.