



Op Vrydagaand, 19 November, het Mosaïek die afgelope jaar gevier, lekker gekuier, maar meestal gedeel in ons droom vir 2011.
Die aand het begin met ‘n skemerkelkie voor die Teatro, waarna die personeel hulle ervaring oor 2010 gedeel het. Daarna het Johan Geyser ons ingelig oor ‘n paar drome en verwikkelings binne Mosaïek vir volgende jaar. Na ons gebruiklike praise and worship en stilte-moment, het Amanda Strydom haar State of the Heart vertoning met ons gedeel.
Leonard Sweet het op 'n keer genoem dat in die Middeleeue, die Kunste gered en gespaar gebly het deur die Kerk en die rol wat die Kerk vertolk het. Hy het gespekuleer dat hy dink in die toekoms die Kunste 'n rol gaan vertolk om die Kerk te red of te spaar.
Kuns inspireer ons almal. Jy kan selde ongeroer bly as jy aan Kuns blootgestel word. En daarom is Kuns vir ons ook belangrik. Ons wil deurlopend geleenthede daar stel om ander kunsvorms te ondersoek waarmee ons mekaar en die Here kan dien. Want - Kuns maak iets in jou los. En deur die eeue heen was Spiritualiteit en Kerkwees nog altyd baie nouliks aan mekaar gekoppel.
Woorde, beelde, beweging ... alles
Op Oukersaand en Kersdag 2011 het die Salvation Army by Mosaïek gekuier. Hulle orkes het voor en na die Kersdienste ’n gesellige atmosfeer geskep op die Piazza en hulle musiek met ons gedeel.
Ons voel bevoorreg dat hulle soveel bygedra het tot ons Kersbelewenis in 2011.

|
|
Die Oktober Art'Sync geleentheid het op Dinsdag 11 Oktober plaas gevind in Viaticus 102 waar Jeanetta Basson (Missional Expressions Leader) haar hart kom deel het rondom die impak en noodsaak van die Kunste binne missionaliteit. Sy het met al ons verskeie kunste spanne binne die Inspirerende Kunste kom stories en beelde deel wat haar eie journey gevorm het en haar hart geskuif het tot die roeping op haar lewe.
Art’Sync is ‘n half-uur byeenkoms op die eerste Dinsdag van elke maand waar ons saam in ons journey as kunstenaars op reis is met God, mekaar en die wêreld. Die Inspirerende Kunste by Mosaïek het hierdie nuwe konneksie-geleentheid begin vir al ons verskeie kunste-spanne om op ‘n meer gereelde basis saam te kuier, connect, celebrate, groei, devotion, visioneer en kreatief te verkeer.