



SIELKUNDIGE / PSYCHOLOGIST
(Scroll down for English)
Johan Ferreira kwalifiseer aan die Universiteit van Stellenbosch as sielkundige en praktiseer by Lugmagbasis Ysterplaat in Kaapstad vir sewe jaar. Dis hier, as senior sielkundige en hoof van die mediese kliniek, waar die funksionering in ‘n multi-professionele span die grondslag gelê het vir die benadering om die mens in sy geheel te behandel. Sy Magistergraad-verhandeling het oor 'n vier jaar navorsingstudie van Seisoenale Depressie gehandel. Die diagnosering en behandeling van depressie is steeds een van die fokus-areas in sy praktyk.
Op 5 Maart 2010 het die enkelma ondersteuningsgroep soos gewoonlik op die Vrydagaand bymekaar gekom en daar was gesels oor die proses van hertoetreding tot 'n volgende verhouding na egskeiding of verlies van jou lewensmaat met Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek. Die aand was gekenmerk deur 'n groot hoeveelheid humor oor die slaggate en dilemmas van 'n nuut geskeide lewe, maar ook deur die erns van God se beloftes vir ons lewe vorentoe. Kyk op die webwerf vir die volgende byeenkoms en kontakbesonderhede. Hierdie is 'n besige en dinamie
Johan Ferreira, Sielkundige in Johannesburg by Wholeness @ Mosaiek gesels met die enkelma ondersteuningsgroep oor die moontlikhede van 'n suksesvolle volgende verhouding na egskeiding in Chapter 4 van die Genesis gebou op die Mosaiek Kampus.
Johan Ferreira, Psychologist from Johannesburg at Wholeness @ Mosaiek will be talking to the single mother support group about the possibilities of a successful relationship after divorce in Chapter 4 of the Genesis building on the Mosaiek Campus in Fairland.
Vir verdere besonderhede kliek op "Wholeness"
Hierdie ondersteuningsgroep by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is gerig op individue wat die gevaar loop om diabetes te ontwikkel, persone wat reeds gediagnoseer is met diabetes, of persone wat saam met 'n diabeet leef. Cornelia Laubscher is die fassiliteerder van hierdie groep.
Ons ondersteuningsgroep vir ouers by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is goed op dreef en vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die Genesis gebou. Fassiliteerders Amanda du Toit (Maatskaplike Werker en Psigometris), Zelda Coetsee (Life Coach) en Jacqui Steenkamp (Projekbestuurder) behartig om die beurt die groep. Kontak Pikkie by 011 215 7209 of op pikkieh@mosaiek.com vir verdere inligting. Almal is welkom by die groep en daar is geen kostes aan verbonde nie.
Johan Ferreira, Sielkundige van Johannesburg by Wholeness @ Mosaiek se praktyk open op 4 Januarie 2010 en jy kan jou afspraak skeduleer deur vir Pikkie te skakel op 011 215 7209 op 4 Jan 2010.
Johan Ferreira, Psychologist from Johannesburg at Wholeness @ Mosaiek will be consulting again on 04 January 2010. Contact Pikkie on 011 215 - 7209 for an appointment.
Hierdie ondersteuningsgroep by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is gerig op individue wat die gevaar loop om diabetes te ontwikkel, persone wat reeds gediagnoseer is met diabetes, of persone wat saam met 'n diabeet leef. Cornelia Laubscher is die fassiliteerder van hierdie groep. Die groep vergader in die Wholeness Sentrum by Mosaiek.
Die volgende onderwerpe sal op ‘n maandelikse basis aangespreek word by die ondersteunings groep vir Diabete en hulle families:
Ons ondersteuningsgroep vir ouers met moeilke hanteerbare kinders by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is goed op dreef en vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die Genesis gebou. Fassiliteerders Amanda du Toit (Maatskaplike Werker en Psigometris), Zelda Coetsee (Life Coach) en Jacqui Steenkamp (Projekbestuurder) behartig die groep. Kontak Pikkie by 011 215 7209 of op pikkieh@mosaiek.com vir verdere inligting. Almal is welkom by die groep en daar is geen kostes aan verbonde nie.