



Dr Johan Geyser is passievol oor die plaaslike gemeente en die ontwikkeling van mense, en dien as Kultuur Argitek van Mosaïek sedert 1987. Hy beskik oor kwalifikasies in Teologie, Opvoedkundige Sielkunde en dien ook as deeltydse lektor by die Universiteit van Johannesburg.
Dr Gys du Plessis is 'n Mediese Dokter met 'n belangstelling in Holistiese en Geïntegreerde Medisyne. Sy kernmissie is die integrasie van Spiritualiteit en Verhoudings met fisiese gesondheid en 'wholeness'. He is die stigter en visionêre leier van die Wholeness-sentrum by Mosaïek waar hy as Wholeness Designer dien.
Dr Stephan Joubert kry inspirasie as hy mense in en om die kerk op 'n uit-die-boks-uit manier kan dien. Hy beskryf homself as 'n voltydse leraar van die Woord, mense, goeie boeke en die lewe self. Hy is 'n Professor in Nuwe Testament by die Universiteit van Pretoria, en dien verskeie gemeentes as skrywer, spreker, prediker en leierskapskonsultant.
Trevor Hudson is al vir langer as 30 jaar betrokke in bediening in 'n Metodiste-konteks. Hy is tans deel van die pastorale span by Northfield Methodist Church in Benoni, en vorm ook deel van die preekspan by Mosaïek op 'n deeltydse basis. Trevor is ook 'n gevestigde skrywer wat die verbind is tot die werk en bediening van die plaaslike geloofsgemeenskap. Hy glo sterk dat vir iets plaaslik moet wees om eg te wees.