Huidige preekreeks
Ons is besig met die reeks, “Is dit genoeg?” wat Sondag 15 Augustus afgeskop het, waarin ons reis rondom ’n paar gedagtes uit die boek Prediker, waar staan
“Ek het my daarop toegelê om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en behoorlik te deurdink”.
Spesiale gas 12 September
Ons verwelkom Sondag 12 September vir David en Juliet Benner wat ook as fasiliteerders by
Conversations gaan optree. Hulle gaan op die 12de die Teatro-dienste waarneem, waneer hulle gaan gesels oor "
Silence and the Word". Besoek gerus dr. Benner se webtuiste by
www.drdavidgbenner.ca.
Conversations
Mosaïek Conversations word die jaar op 14 en 15 September angebied, en word op 17 en 18 September herhaal. Sprekers by
Conversations sluit in Trevor Hudson, Johan Geyser, Ron Martoia en 'n spesiale internasionale gas, David Benner. Wegbreeksessies gaan aangebied word deur Juliet Benner, Ron Martoia en Stephan Joubert saam met Theo Geyser.
Registrasievorms is by die i-desk beskikbaar, en op
www.mosaiek.com/conversations of kry gerus verdere inligting by Sonja Kloppers 011 268 4763.