



Daar word ook spesiale aandag gegee aan spesiale gebeure tydens ons byeenkomste soos Nagmaal (wat vier keer per jaar en op Goeie Vrydag en Oujaar bedien word, alhoewel dit deurlopend in die Klipkerk beskikbaar is), Doop ('n momentele gebeurtenis wat twee keer per jaar op 'n Sondag tydens ons byeenkomste plaasvind in die fontein in die middel van die Piazza) en ook Kindertoewyding (wat gewoonlik die laaste Sondag van elke maand, buiten Desember, plaasvind).
'n Spesiale byeenkoms waar ons die jaar as geloofsgemeenskap afsluit, en saam die Nagmaal gebruik.
'n Spesiale byeenkoms op Kersoggend om die geboorte van Jesus te herdenk.
'n Spesiale byeenkoms in die Advent/Kersseisoen waar ons as gemeente tydens 'n diens die Kerstyd vier deur kersliedere te sing en oor die Kersverhaal te reflekteer.
Tydens die Kersseisoen gaan ons dienstye onveranderd voort om 09:30 en 19:00 op Sondae tot 3 Januarie, waartydens die oggendtema in die aand herhaal sal word (behalwe 20 Desember).
(Vanaf 10 Januarie word 'n addisionele oggenddiens bygevoeg, en sal die dienstye 08:30, 10:15 en 19:00 wees)