Onderwerp “Paasfest - Inleiding”

Paasfest 2010 - Inleiding

Heilige Week en Paasnaweek is een van die hoogtepunte op ons gemeentekalender. Tydens hierdie seisoen herdenk ons en herbesoek ons die momentele gebeurtenisse in Jesus se lewe met sy Kruisiging en Opstanding - en bewonder ons alles wat dit vir ons as mensdom mag beteken.

As geloofsgemeenskap is daar 'n hele paar geleenthede wat oor die week plaasvind om dit 'n sinvolle, roerende en momentele gebeurtenis in ons lewens jaarliks te maak.

In 2010 begin Heilige Week op PalmSondag, 28 Maart, Goeie Vrydag op 2 April, en OpstandingSondag op 4 April, en geleenthede in die week lyk soos volg:

  • PalmSondag se dienste (28 Maart 2010) - 08:30, 10:15 & 19:00
  • Kruisstasies
  • Ikoon-werkswinkel
  • Klipkerk byeenkomste om 12:00 en 18:30 (Maandag tot Donderdag)
  • Goeie Vrydagbyeenkomste (2 April 2010)
    • Klipkerk Lectio Divina - 07:30
    • Dienste (met Johan Geyser) - 08:30 & 10:15
    • Paasfest
    • Meditations on Easter - 14:00
  • Morning of Reflection (met Trevor Hudson) - Saterdag
  • Herinneringsdiens in Klipkerk (met Gys du Plessis) - Saterdag om 18:30
  • OpstandingSondag (4 April 2010)
    • Oggenddiens (met Trevor Hudson) - 08:30 & 10:15
    • Lectio Divina (Klipkerk) - 18:00
    • Aanddiens (met Theo Geyser) - 19:00

Kontakbesonderhede, meer inligting en registrasie-besonderhede sal binnekort beskikbaar gestel word, of bespreek by www.mosaiek.com/paasfest_besprekings .

Preekreekse