Meubels en toerusting benodig vir Origins
Mosaïek neem eienaarskap van die woonhuis by Origins vanaf 1 April 2012. Die huis het 3 slaapkamers, 'n studeerkamer, 2 badkamers, sit- en eetkamer, kombuis en dubbelgarage. Behalwe ingeboude kaste is daar geen meubels en toerusting nie.
Indien jy ons dalk in dié verband kan bystaan, kontak asb. vir Neels van der Bergh / 011 215 7208.
Ons benodig die volgende :
-
Dubbelbed met bedkassies en bedlampies
-
3 Enkelbeddens met bedkassies
-
5 Gemakstoele vir die slaapkamers
-
Lessenaar en stoele vir die studeerkamer
-
Skottelgoedwasmasjien
-
Wasmasjien en tuimeldroër
-
Stofsuier
-
Strykplank en strykyster
-
Sitkamerstel met koffietafel
-
Klein asblikkies vir slaapkamers, kombuis en badkamers
-
Los matjies vir badkamers en slaapkamers
-
Kombinasie-yskas/-vrieskas
-
Gordyne/blinders
-
Potte/panne en eetgerei