“In praying for others, I lose myself and become the other, only to be found by the Divine Love which holds the whole of humanity in a compassionate embrace.” - Henri J.M. Nouwen
Die Mosaïek-Gebedsbieding se visie is dat gebed ‘n integrale deel sal wees van elke ontmoeting, belewenis en situasie by Mosaïek. Verder dat gebed ‘n natuurlike deel van elke lidmaat se lewe sal wees en dat dit elke gebied van die lewe sal deurdring.
Die gebedspan bedien mense in ons geloofsgemeenskap deur middel van:
Om gebedsversoeke deur te stuur, stuur asb. ‘n e-pos aan gebed@mosaiek.com of kontak Rita Nawn by 082 893 1104.
Om ‘n geliefde aan die dood af te staan is een van die moeilikste tye in ‘n mens se lewe. Om deur die hartseer van die verlies van 'n geliefde te kom, is `n proses, en soms kry mense nog baie swaar lank na die geliefde weg is.
By Pastorale Sorg wil ons graag persone ondersteun wat geliefdes aan die dood afgestaan het dmv 1:1 gesprekke en geestelike en emosionele ondersteuning. Sulke gesprekke word gevoer deur mense wat juis daarvoor opgelei is. As ‘n integrale deel van Wholeness beskik Pastorale Sorg ook oor ‘n groot netwerk van kundiges wat verder kan help en ondersteun.
Ons Ondersteuningsgroep word deur Anneke Bijkersma gekoördineer en ge-fasilteer. Die groep kom weekliks op Dinsdae-aande by Mosaïek byeen vanaf 19h00 tot ongeveer 21h00.
Vir meer inligting kontak Anneke by anneke.bijkersma@za.suninternational.comof 082 332 1837.
Die Depressie-ondersteuningsgroep is 'n groep om aan mense wat met depressie of angs saamleef 'n veilige ruimte te skep waar hulle hul daaglikse struikelblokke en oorwinnings met ander in dieselfde situasie kan deel.
By die Depressie-ondersteuning glo ons dat psigiatriese siektes net soos ander siektes met die regte hulp bestuur kan word. 'n Goeie ondersteuningsgroep is essensieel in hierdie proses.
Ons deel inligting met mekaar, gesels saam oor aspekte en situasies wat ons almal raak en is ook daar om mekaar te bemoedig in ons daaglikse journey.
Ons kom een maal 'n maand bymekaar (die eerste Woensdag van elke nuwe maand) om 19:00 tot 20:30 in die Genesis-gebou.
As jy wil kom deel, leer en luister vir optimale funksionering met jou siektes is dit die regte plek vir jou.
Kontak vir Willemine van Velden by willemine.botha@gmail.comof 082 563 5355.
Is jy ‘n Enkelma en wil jy graag met ander Enkelma’s kontak maak? Wil jy graag nuwe vriendskappe bou met mense wat jou verstaan en wat jou kan ondersteun? Soek jy ‘n plek waar jou kinders ook welkom is en waar jy/julle veilig kan wees?
Wel dan is Mosaïek se Enkelma-ondersteuningsgroep net die plek vir jou. Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan Enkelma’s deur middel van ‘n e-posbediening, asook weeklikse byeenkomste op ‘n Vrydagaand gedurende die kwartaal.
Tydens die weeklikse byeenkomste word ook voorsiening gemaak vir die kinders wat in ‘n lokaal direk langs die Enkelma’s bymekaarkom. Met die e-posbediening stuur ons gebedsversoeke deur, sowel as bemoedigende dagstukkies.
Die Enkelma’s val onder Pastorale Sorg en dus is die hele Wholeness-span tot ons beskikking vir hulp, hetsy sielkundig, pastoraal, medies, maatskaplik, finansiële raad ens.
Alhoewel die Enkelma’s ook sosiaal verkeer, val die klem eerder op geestelike ondersteuning, geestelike groei en toerusting. Dit is ook ‘n veilige plek waar jy jouself kan wees sonder veroordeling.
Die groep is nie slegs vir ma’s wat pas geskei is bedoel nie, dis oop vir almal en derhalwe is daar wat al lank geskei is of wat nog besig is om te skei.
Vir verdere inligting, kontak gerus vir Christa Beukes by 082-929-9342 of christa.beukes@gmail.com.
Materno
Die aankoms van jou nuweling bring groot verandering in jou en jou gesins se dinamika mee. Baie mammas ervaar dat hulle geïsoleer voel in die tydperk, en dat hulle dikwels niemand het waarmee hulle kan identifiseer of kan deel nie.
Materno (die Swangerskap- en Kraam-ondersteuningsgroep) skep ‘n ruimte waar mammas met soortgelyke omstandighede hul ervarings kan deel en van mekaar leer.
Nuwe mammas word genooi om weekliks in ‘n ondersteuningsgroep bymekaar te kom vir ‘n informele gesprek rondom die vreugdes en sorge wat moederskap meebring, van winde, doeke, tandesny tot baby blues!
Die vordering van jou baba kan ook gemonitor word in terme van gewig, lengte en ander basiese inligting. Ons vroedvrou beantwoord ook graag enige vrae wat mammas het.
Kom geniet ‘n koppie tee en kuier lekker saam elke Vrydagoggend om 10:00 of kontak vir Corli Balt by 011 268 4753 of corlib@mosaiek.comvir meer inligting.
Op een of ander stadium in ons elkeen se lewens word ons met siektes gekonfronteer.
Ons Siekesorg-bediening wil juis mense in hierdie tye van hul lewens bystaan. Die leier van die bediening, Marie Voogt, word deur ‘n baie bekwame span bygestaan en saam bied hulle die volgende dienste: