Willow Creek Global Leadership Summit 2008 - Johannesburg op 3 en 4 Oktober


Op 3 en 4 Oktober 2008 het Mosaïek weer gasheer gespeel vir die Global Leadership Summit.

Die Global Leadership Summit is 'n inisiatief deur die Willow CreekCommunity Church in Chicago, Illinois wat 'n droom gehad het om 'ntoeganglike, bekostigbare leierskapontwikkelingsgeleentheid daar testel om veral christenleiers te ontwikkel. Vier jaar terug was Mosaïekgenader om een van die 21 internasionale verteenwoordigers te wees virhierdie projek.

Ons as gemeente het besluit om die uitdaging aan te pak, en buiten2007 het ons elke keer as gasheer opgetree. Dit was 'n voorreg om tesien hoe hierdie medium, aangevul met aanbidding, en anderdienselemente werklik 'n instrument kon word vir leierskap engeestelike ontwikkeling.

Hierdie jaar is daar al amper 'n honderd sulke verteenwoordigersregoor die wereld wat tydens Oktober en November die aanvanklikekonferensie wat in Augustus plaasgevind het, deur videocast weer te gee.

Die sprekers wat hierdie jaar by Mosaiek uitgesaai is was ondermeer: Bill Hybels, leierleraar van Willow Creek; Gary Haugen, 'nvoormalige prokureur wat 'n organisasie met die naam the InternationalJustice Mission op die been gebring het wat homself beywer omongeregtigheid regoor die wereld aan te vat; Catherine Rohr, 'npassievolle jong dame wat 'n groot salaris in New York agtergelaat hetom 'n ontwikkelingsprogram vir voormalike gevangenes te ontwikkel;Wendy Kopp, die hoof van die organisasie, Teach for America, watgegradeerdes uitdaag om twee jaar af te staan om in minderbevoorregtegemeenskappe skool te gee; Craig Groeschel, leier van Lifechurch.tv watop inspirende wyse 'n sessie getiteld IT aangebied het; en BradAnderson, CEO van Best Buy, 'n groot handelaar met omtret 150 000werknemers.

Om dit 'n eg-Mosaiek gevoel te gee, het die Programmeringspan koppebymekaargesit en van die momente wat in ons gemeente as baie roerendbeleef is, en aansluting by die sessietemas gevind het, aangewend omdie sessies meer as 'n toeskouer-belewenis te maak. ShellaineMcClinttock het passievol 'Heaven', deur Reuben Morgan gesing. Dielirieke 'One moment without You near, is heartache I cannot bear; alifetime with You oh Lord, is Heaven I long to know' het 'n baie soetatmosfeer vir die hele konferensie daargestel. "God of Justice", metbesoeker Lyndon Peterson het die hart van Gary Haugen se sessie diep inharte laat insink. Later in die dag was daar 'n besondereGebede-keurspel wat Johan Heystek saamgestel het, gevolg deur 'nuitbundige, maar passievolle gemeentesang, waar die meer as 1600konferensiegangers uitbundig en met oorgawe verklaar het: "How great isour God!" Frans van der Merwe, Alron Matthews en Cobus Dippenaar hetdie laaste sessie met 'n energieke kitaar-trio afgeskop - en die eerstedag is met opwinding, inspirasie en opgeruimdheid beeindig.

Dag Twee is begin met Retief Burger wat saam kom bedien het, en diesessie is afgesluit met 'n lied wat Retief spesiaal vir die oomblikgeskryf het. Daar was 'n ongelooflike meelewing in die gehoor, tot so'n mate dat die fasiliteerder, Gary Rivas van Lonehill Methodist, diepersone in gehoor wat so gevoel het, uitgenooi het om neer te kniel enintiem met die Here tyd te spandeer rondom tema's soos oorgawe enopoffering. Na middagete het Stef van Deventer weer harte geroer toe hykommentare uit die gehoor wat sleutel brokkies inligting enleerervarings neergepen het, om dit tydens 'n roerende item vanCatherine Jones te omskep in die gesig van Jesus. Die vraag het in dielug gehang: Wat sal ons doen met alles wat ons geleer het? Wat kan onsdoen om Jesus meer sigbaar in ons wereld te maak.

Aan die einde van die dag het 'n roerende video geworstel met diegebrokenheid in ons wereld, wat so ver verskil van wat ons glo God seaanvanklike plan is - worstelling omtrent hoop in die wereld, en hoedit ooit sal kan verander ... die gevolgtrekking: "Hier is ek - stuurmy ..." ... En ten slotte het Hennie Maritz saam met die aanbiddingspandie gehoor begelei met 'n lied getiteld "God of the City", terwyl daarop die skerms elke stad waarin die GLS gaan plaasvind genoem is ... endie gehoor uitbundig sing: "Greater things are still to be done in thiscity!" ...

Van agter uit die media-beheer area waar ek gestaan het; was hierdieoomblik vir my onvergeetlik. Ek kon nie help om te dink aan die amper180 medewerkers wat oor die twee dae van hulle tyd afgestaan het omhierdie ervaring 'n belewenis te maak vir almal wat Mosaiek besoek hetnie. Ek kon nie help om te dink aan die talle mense wat hulle weg deurdie konferensie na die Klipkerk gevind het om daar te bid, te huil, tepraat met ons besorgde Pastorale Sorgspan nie. Ek kon nie die gesigtewat geinspireerd uit sessies gestap, met nuwe hoop wat in hulle oebrand vergeet nie ... Voorwaar: met sulke mense in ons gemeente,gemeenskap en omgewing is daar voorwaar groter dinge wat te wagte kanwees in ons stad.

En op die ou end - toe die tegniese span, produksiespan enaandbiddingspan op die verhoog bymekaarkom om die konferensie vironsself af te sluit ... het baie van ons besef: God het nie net deurons gewerk tydens hierdie konferensie nie, maar ook in ons ...

Johan Heystek het die volgende oggend iets besonders herroep in sygroet aan die gemeente. Iets wat Bill Hybels gekwoteer het van MoederTheresa ... Haar gebed was: "Here, mag ek U liefhe soos U nog nooitliefgehe is nie..."

Mag ons ook op 'n plek kom waar dit ons gebed kan wees.

~ Ettienne Booysen (Belewenisgids)

Nuus

Artikels

X
Loading