Ons herinner jou graag aan ons weeklikse Klipkerkbyeenkomste, Vrydae- en Saterdae-oggende, in die Klipkerk by Mosaïek.
Wat doen ons? Ons kom informeel bymekaar, ondersteun mekaar, bid saam of luister na hoe Jesus ons aanraak en lei. Ons wil 'n veilige, kom-soos-jy-is-ruimte skep vir manne om hulle lewens diep te deel. Verhoudings ontwikkel hier uit Sy genade, liefde en waarheid.
Die winter is nou (amper) verby, so die getalle begin weer groei in die oggende. Bring 'n vriend saam en kom sluit aan by ons.
Van tyd tot tyd is daar 'n persoon wat 'n tema bring. Die gasspreker vir Saterdag 27/08/2011 by die Maximus Klipkerkbyeenkoms is Dr. Alan van den Berg, Dekaan van “Heritage of Faith Bible Institute and Leadership Academy” (verbind aan Dr. Jerry Savelle Ministries VSA).
Enige navrae, kontak vir Pieter van der Walt by 082 820 1519