Ses fietsryers van die Wesrand, onder andere Johan Geyser, het op Saterdag 4 Februarie 'n nuwe wêreldrekord opgestel vir die afstand wat op 'n statiese fiets binne 24uur opgestel kan word. Die vorige rekord van 1335 km is deur 'n Amerikaanse span fietsryers opgestel; en die Suid-Afrikaners het reeds teen 14:30 (2,5 ure voor die 24 uur om was), die vorige rekord in vlarde laat spat.
Die poging het deel gevorm van Cancare ('n ondersteuningsorganisasie vir kankerlyers) se Wêreld Kanker Dag-gebeure; en fondse is ingesamel deur onder meer ander fietsry-aangeleenthede. Die span fietsryers het bestaan uit: Piet Laubscher, Johan Geyser, Marais Steyn, Charles Steyn, Claude Reille, Fanus Alberts, Gerhard Strydom en Heinrich Nell.
'n Oomblik was vasgevang van die energie van die gebeure, wat hier te sien is.

