Volstoom in die Winter


31 Mei 2011

Winter is hier! '11
Mosaïek Nuusbrief #6
- 5 Julie 2011

Julie-maand is hier

Die tweede helfte van 2011 het aangebreek. Ons hoop nie jy kry té koud hierdie winter nie, maar hier is 'n paar opwindende goed om jou warm te hou waarvan ons jou wil vertel in die gemeentelewe van Mosaïek. Geniet dit.

OP REIS met die journey
'OP REIS met die journey' is 'n opwindende interaktiewe leerervaring waar ons jou die geleenteid bied om op ’n sesweek reis van groei te gaan in die drie bewegings: OP/INwaarts, METwaarts en UITwaarts.
Registreer gerus hier, of kontak vir Baretta Nel.

Is jy op 'n plek waar jy wil hande vat met die gemeente? Het jy vrae oor jou unieke spiritualiteit? Of die 'journey' waarvan ons heeltyd praat? By Oriëntering van 3 tot 10 Augustus begelei Johan Geyser 'n gesprek rondom kerkwees, die unieke roeping van die gemeente, en ons spiritualiteit. Kliek hier vir registrasie, of kontak vir Baretta Nel.

Ron Martoia
As deel van die preekreeks, “Ons vra(e)” kuier die gewilde internasionale spreker en skrywer, Ron Martoia by ons. Hy gaan op 24 Julie ’n boodskap deel oor die tema “...about Quantum Sin”. Lees gerus hier meer oor Dr Ron Martoia.

Planet J  (kinderbediening)
Mosaïek se kinderbediening, Planet J, het onlangs ’n retreat vir die kinders gehou by Origins, Mosaïek se eie retreat-sentrum.  Lees gerus hier meer oor wat die kinders en ouers te sê gehad het oor die retreat.
 

Mez'o  (hoërskoolbediening)
Mosaïek se hoërskoolbediening, Mez’o was aan die brand die afgelope kwartaal deur verskeie diep belewenisse wat ons saam kon deurmaak. Ons was onder andere besig met 'n great reeks, die viering van Jeugdag en Vadersdag en ons Vrydae-aande kuieraksies. Lees gerus meer oor al Mez'o se aktiwiteite. 

Mosaïek-speler

Ons is baie opgewonde oor ons nuwe speler op mosaiek.com. Jy kan hier die MP3's, preeknotas, slides en transkripsies van al die preke sedert Januarie 2011 aflaai. Die preke is volgens die verskeie reekse gerangskik, met die mees onlangse reeks bo-aan die bladsy.


Ons vra(e)
- 3 tot 31 Julie 2011

Ons het almal vrae oor sekere geloofsaspekte. Daar is soveel kwessies wat nie vir ons ‘n konkrete atwoord gee nie, maar gesien kan word as ‘n “grys area”. Tydens ons nuwe preekreeks, “Ons vra(e)” reis ons rondom ‘n paar moeilike vrae uit ons gemeente.

  • 3.7 ... oor die Bybel    (Johan Geyser / Manie Botha)
  • 10.7 ... oor Hemel en Hel(Stephan Joubert)
  • 17.7 ... about Church(Trevor Hudson / Johan Beukes)
  • 24.7 ... about Sin(Ron Martoia)
  • 31.7 ... oor Stres (Johan Geyser) 
Het jy geweet?
 ...jy kan nou jou finansiële bydraes en ander donasies deur ons webwerf betaal. Jy kan hier tiendes betaal, en donasies vir Invest of enige skenkings maak. Vir enige navrae stuur gerus 'n e-pos na bemark@mosaiek.com
Het jy geweet?
Embark Foundation se projek, ‘Kinders van die Winter’, behels ‘n werk- skeppingsprogram waar 40 dames hierdie jaar bykans 500 truie gebrei het, wat aan minderbevoorregte kinders versprei is.
 
Michelle Obama besoek Emthonjeni
Die Amerikaanse Presidentsvrou, Michelle Obama, het op Dinsdag 21 Junie die Golang laerskool by die Emthonjeni Gemeenskapsentrum in Zandspruit besoek. Kliek hier om meer oor die besoek te lees.
Wholeness herontwerp
Daar het die laaste ruk 'n hele paar veranderings by Wholeness plaasgevind. Die leiers van die drie bene, Fisies, Emosioneel en Pastorale Sorg is onlangs bekendgestel. Vir meer hieroor kyk gerus die video.


                                   

Nuus

Artikels

X
Loading