Lydenstyd
Heilige Week & Paasfest
Annelise Wiid
Eckard Rabe
.....................................
28 Maart 2011
Lees in hierdie nuusbrief, meer oor Lydenstyd, en ook wat in Heilige Week by Mosaiek aangebied word.
.....................................
web:
www.mosaiek.com
email:
info@mosaiek.com
tel:
011 268 4700
events-lyn:
083 MOS AIEK /
083 667 2435
.....................................

.....................................
Opgewonde oor Trevor Hudson wat onlangs op Twitter gespring het. Jy kan hom volg by @trevor040451
|
Oor effens meer as twee weke breek Heilige Week aan - die week wat begin met PalmSondag (17.4) en eindig met OpstandingSondag (24.4). Talle Mosaïekers beplan al reeds rondom hierdie seisoen as 'n tyd eenkant sit vir God, om met Hom tyd te spandeer en saam as community te groei.
Ons het in ons vorige nuusbrief meer vertel van Lydenstyd, ons huidige preekreeks, die People-project (I-Can), en lusmakers vir wat voorlê tydens Heilige Week.
Hierdie keer wil ons vir jou die geleentheid gee om nou reeds jou Goeie Vrydag beplanning en reëlings te tref, met maklike besprekings en bestel-opsies.
.............................................................................................................................................
 |
Lydenstyd
Ons is so opgewonde oor die amper 800 mense wat saam met ons die Lydenstydreis van 40dae (wat op 9 Maart begin het) en van die spesiale Lydenstydhandleiding (hier aflaaibaar, in PDF-formaat) gebruik maak.
Ons wil graag hoor wat in jou gebeur, en hoe die Here in jou tot dusver en verder met hierdie reis werk. Ons sal baie graag van jou wil hoor. Maak gebruik van hierdie vorm op ons website.
(Van Maandae tot Donderdae, om 12:00 word daar ook in die Klipkerk, rondom die tema's wat in die handleiding uiteengesit is, afgesonder.)
|
|
............................................................................................................................................ |
 |
Tussen 17 en 24 April vind Heilige Week plaas, wat kulmineer in die naweek van Goeie Vrydag en OpstandingSondag.
'n Groot verskeidenheid aktiwiteite vind tydens die sewe dae plaas, onder meer Kruisstasies, Spesiale Klipkerkbyeenkomste. Vertonings deur kunstenaars soos Annalise Wiid, Eckard Rabe en die PUK-koor o.l.v. Awie van Wyk. Boonop word daar ook talle aktiwiteite vir Planet J-ers beoog.
Hou die spasie dop vir meer inligting, of laai 'n vinnige A5-brosjure oor die beoogde aktiwiteite af.
|
|
............................................................................................................................................ |
|
|
Annelise Wiid: Lig uit lig
Die gewilde aktrise en skrywer, Annelise Wiid, bied haar solo-stuk, 'Lig uit Lig' in die Klipkerk aan om beide 12:30 en 16:00. Sy neem die gehoor op 'n diepsinnige reis deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. Deur letterlik in die karakters van die bekende storie se skoene te klim, laat sy die gehoor toe om dit in 'n nuwe manier te beleef.
Kaartjies vir beide Annelise Wiid se Vertonings is ook op Computicket beskikbaar.
|
|
............................................................................................................................................ |
|
|
Eckard Rabe: The Rabbi from Tarsus
Set in a dungeon in Rome,The Rabbi from Tarsus by Philip Goble provides a glimpse at the fears, hopes and indomitable faith of Paul the man towards the end of his ministry. This intimate piece is brought to life by the accomplished actor and performer Eckard Rabe; well-known for his portrayal of 'Chris Edwards' in Egoli.
Tickets for this performance is also available on Computicket.
Rig navrae aan Diani Gernandt.
|
|
............................................................................................................................................ |
 |
Potchefstroomse Universiteitskoor
o.l.v. Awie van Wyk
Ons is opgewonde om tydens die tweede oggenddiens van Goeie Vrydag (10:15) weereens vir die PUK-koor onder leiding van Awie van Wyk te verwelkom. Hierdie 50-stemme beloof om die Klipkerk te laat resoneer met 'n uitsonderlike en gewyde program.
Kaartjies tussen R70 en R90. En is ook by Computicket beskikbaar (teen 'n addisionele hanteringsfooi).
|
............................................................................................................................................
 |
Meditations on Easter
Reeds 'n hoogtepunt op ons kalender, word die simfoniese belewenis, Meditations on Easter, weereens aangebied, hierdie keer onder leiding van ons eie maestro, Johan Heystek, met 'n spesiale koor onder leiding van Renette Bouwer. Die vertoning vind op Goeie Vrydag, 22 April om 14:00 plaas.
Met 'n verskeidenheid ander kunsvorms deur die Inspirerende Kunste-span beloof hierdie om weer 'n inspirerende produksie te wees wat op hierde gekunstelde wyse reflekteer op die besondere gebeure van hierdie week.
Kunstenaars wat onder meer gaan optree is onder meer Jasmyn, Christiaan Kritzinger, Shellaine McClinttock, Adri Britz en ook Marno van der Merwe, Nadia Beukes, Xander Steyn en Tessa Denton. Met 'n kunswerk wat lewendig geskep word deur Ina Pfeiffer.
Kaartjies tussen R70 en R90. En is ook by Computicket beskikbaar (teen 'n addisionele hanteringsfooi).
|
|
............................................................................................................................................ |
 |
Planet J/Kinders
Ons hoop om weer 'n onvergeetlike belewenis vir ons kinders te skep op hierdie besondere dag. Daar is 'n hele rits hoogtepunte.
'n Oorspronklike Afrikaanse Planet J-musical uit die pen van Karin van Tonder, getiteld Mapawerland wat tydens beide oggenddienste (08:30 & 10:15) aangebied sal word. Kaartjies beskikbaar by Planet J of gemeentekantoor.
Tydens Meditations vind Warriors for Jesus, plaas waar daar vars gekyk word na 1 Kor. 13.
Kruisstasies open reeds op 10 April (tot 27 April) in die Mezzanine, en spesiale begeleiding vir kinders is in Afrikaans enEngels beskikbaar.
|
|
............................................................................................................................................ |
|
|
High Tea
Ons sluit Goeie Vrydag af deur 'n heerlike High Tea wat in Cafè Familia aangebied word vanaf 15:00. 'n Stapelbord vir twee kan vooraf bestel word.
|
............................................................................................................................................
 |
Willem Nicol: Wagtend op die lewe
Die evangelie is nie dat Jesus uit die krag van sy menslikheid, al was dit heilig, opgestaan het nie, maar dat God Hom opgewek het. Die menselyk in die graf was koud, stil, dood, magteloos, wagtend op die Lewe van Bo.
So is dit ook met ons. As ons dink ons kan die ware lewe bereik, gaan ons poging tussen ons en die lewe staan, want dit gaan 'n menslike poging wees. Ons moet die lewe ontvang. Op Stil-Saterdag kan ons dit beleef dat ons stil wag op die Gewer van lewe.
Hierdie oggend van refleksie word gefasiliteer deur Willem Nicol - 'n bekende skrywer, retreat-gids, spirituele begeleier en spreker.
Registreer vir die oggend (Saterdag, 23 April: 10:00-12:30) deur hierdie vorm.
|
|
............................................................................................................................................ |
|
|