Be still and know that I am God.
Be still and know that I am.
Be still and know.
Be still.
Be.
Natassja, wat op ons Multi Media span dien, het die volgende oor haar journey van die Retreat gesê:
Wat die retreat vir my beteken het en wat ek geleer het loop vir my ineen:
Ek het net weereens besef dat my beeld van God verkeerd is. Die rede hoekom Hy saam met ons tyd wil spandeer, is net om tyd te spandeer saam met een van Sy geliefde kinders. Dit is nie noodwendig om opdragte uit te gee, of lesse te leer of om vir jou te vertel wat jy nou weer verkeerd gedoen het nie. It’s just to “be”. God is regtig die liefdevolle Vader waarvan die Bybel praat, en nie 'n beeld wat ons hier in die wêreld het van die kwaai ou omie wat net heeldag sit en grom oor die wereld se sondes nie. En ook dat ek ‘n alledaagse gewoonte moet maak, nie net iets wat ek nou en dan doen wanneer ek deur ‘n moeilike tyd gaan of antwoorde soek nie.Dan net laastens, dankie vir elkeen van julle wat deel gehad het om die naweek so spesiaal te maak. Waardeer dit regtig baie.
Truida, wat op ons Beligting span dien, het die volgende gesê:
Dit was ‘n fees! Ek voel weer mens van al die lag en stilte en lekker connect.
Die Tegniese Span is baie opgewonde oor die volgende retreat wat die 16 - 18 September plaasvind.


