



What a legend...
By Mez'o het ons die voorreg gehad dat Reason by ons kom kuier het. Dit was 'n heerlike ervaring waar die ouens net hulle harte en hulle musiek met ons kom deel het. Ons kon saam met hulle uit ons harte sing en kon toe die stories agter die songs hoor...
Op 'n stadium het Jason nogal 'n profound statement gemaak...
In sy woorde:"We know God is in the silence and God is in the noise. We know God is everywhere. We just find Him in the rock&roll."
Profound, huh?
God is orals... maar tog vind ons hom nie altyd... soms voel dit asof Hy ver is...distant is...nie deel is van die tyd en plek waaraan ek gebonde is nie.
Maar dalk is dit nie God wat ver is nie... dalk is dit net ons wat onbewus is van Hom. Onbewus is van God wat beweeg soos die wind in ons midde. God wat aan die werk is by ons werk, ons skool, ons sportvelde, ons huise, die mense af in die straat en...glo dit of nie...ook in ons harte.
Baie van ons weet dat God alomteenwoordig is...maar dit bly meestal net in ons koppe (cremora space) en dit sink nooit af tot diep in ons wese dat ons die wete het dat God nou hier by my is nie...
in my vreugde
in my swaarkry
in my worsteling
in my asemhaling...
Dalk moet ons nie vir God weer vra vir 'n nuwe ervaring of 'n nuwe chill af in ons ruggraat nie...dalk moet ons Hom net vra vir nuwe sig... Dat ons nuut bewus kan raak van God wat al reeds aan die werk is...
hier...
...in ons midde...
...op die oomblik...
Dan kan ons dalk soos Moses in ons nuwe bewustheid van God ons skoene uitskop en ook ontnugterd uiter:
"God was in this place and I did not know it"
Mag jy in die paastyd van onbewus na bewus beweeg...
Van blind wees vir God en Sy genade... na groot-oog ontnugterde oomblikke waar jy Hom tegemoet kom in die alledaagse, gewone oomblikke wat jou asem sal wegneem
Grace&peace
>>jaco