Planet J se kinder-retreat 'n "ongelooflike ervaring"


Planet J het in Maart 2011 ons eerste kinder-retreat gehou. Dit was ‘n ongelooflike ervaring. Ons was verstom om te sien hoe ontvanklik en gereed die kinders was om stilte te embrace en om God se stem in die natuur te hoor.

Hier is ‘n paar aanhalings uit terugvoer van ouers:

Ek het hom gevra wat Retreat beteken en hy het verduidelik dat dit is wanneer jy in die natuur stil word om God se stem te hoor.  Dit was vir my wonderlik om te hoor dat hy dit verstaan. Die stiltetyd was, soos dit klink, nie vir hom sleg of moeilik nie. Dit is ‘n voorreg om die kinders van kleins af gewoond te maak om stil te word. Dankie vir julle bereidwilligheid en gehoorsaamheid en dat julle so mooi na ons kinders gekyk het.


Sy het dit diep uit haar hart uit geniet en dit is absoluut wonderlik om uit haar briefie uit (wat sy geheel en al op haar eie geskryf het, behalwe met hulp van my kant oor die spelling van jou naam en ‘retreat’) te kan sien hoe baie dit werklik vir haar beteken het, hoe sy as kind van die Here daardeur nader aan Hom, julle, God se skepping en die ander Planet J’tjies  gegroei het, en hoe absoluut helder die herinnering aan die ervaring nog in haar menswees opgevang lê. (En dan is ek, steeds taaljuffrou in my hart, só beïndruk met haar byvoeglike naamwoordgebruik: “geesgroeiende kamp”!! Met só ‘n woordskepping sien ek nie eers al die spelfoutjies raak nie…)

 Dankie vir die pad wat jy en die span met ons kinders loop en mag julle werk, en elkeen van julle as persoon, ryklik geseën wees.


Hulle het my ook verbaas deur te sê dat daar nie baie tyd vir stilte was nie en dat dit meer kon wees. Hulle antwoorde op die blaadjies het my ook verbaas en dit het my 'n kykie gegee in hulle geestelike lewe in. Dit wys jou net: kinders is so oop vir 'n verhouding met die Here.


 

Nuus

Artikels

X
Loading