Peace Project 2011
Missional Expressions se Peace Project vir 2011 was weereens 'n reuse sukses. Ons het in totaal 924 boksies koekies uitgedeel aan verskeie missionele projekte, sekuriteitswagte, polisiestasies, hospitale ens.
Baie dankie aan elke persoon wat gehelp het, deur middel van finansiële bydrae of met hulp om die aflewerings te doen. Sonder julle bereidwilligheid en hulp sou ons nie die projek suksesvol kon afhandel nie.
Ingesluit 'n foto van die familie wat op Kersdag ons Florida Babahuis besoek het om vir die personeel wat aan diens was te gaan kuier en koekies vir hulle uit te deel. Baie dankie vir die geskenkies vir ons babas!

Vir meer inligting, kontak vir Nerina Reinach / 011 268 4702.