Oktober 2011



Oktober 2011 ...

Oktobermaand het 'n fasinasie van sy eie by Mosaïek. Daar is 'n natuurlike buzz op ons gronde soos daar voorbereidings getref word vir Missional Expressions se Arts & Crafts Expo, soos ons begin rondskarrel en drome en planne beraam vir 2012, en opgewonde begin raak oor ons gemeente se jaareindfunksie, Silwer Mossie.

Heelparty verwikkelinge is op die kaarte, en ons hoop om jou meer daarvan teen Silwer Mossie te vertel, maar in aanloop van hierdie seisoen, is ons baie geïnspireerd oor die reeks wat nou in Oktober plaasvind: "Ontmoet Jesus weer. Vir die eerste keer."

Kom reis saam, soos ons opnuut besef dat God altyd groter en meer is, as wat ons mag dink.

***

Ontmoet Jesus weer. Vir die eerste keer.

“At one time we thought of Christ merely from a human point of view. How differently we know Him now!” (1 Kor 5:16 / NLT)

Van 2 tot 23 Oktober

***

'n Opwindende maand by Missional Expressions

Die Expo het ’n trotse geskiedenis, waarin daar nodige fondse ingesamel is vir organisasies en projekte soos: Florida Babahuis, Forest Farm, Wes Rand Christelike Sentrum, Laerskool Esperanza, Laerskool Dowling, Roodepoort Children’s Court, Wes Rand Voedselskema en Emthonjeni Community Centres.
Indien jy meer wil uitvind oor Missional Expressions en al die aktiwiteite en inisiatiewe, kontak gerus vir Nerina Reinach / 011 268 4702.

Expressing Hope Benefit Concert

Die Expressing Hope Benefit Concert is ’n inisiatief van Mosaïek se Missional Expressions-span, om fondse in te samel vir hulle verskeie maatskaplike opheffingsprojekte. Kunstenaars wat as deel van Expressing Hope gaan optree is Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, NaviRedd, The Dahlings en Marlee van der Merwe.
Kaartjies is beskikbaar by Mosaïek, op Computicket en op mosaiek.com.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Estelle Mengel / 011 268 4779.

Arts & Crafts Expo 2011

Die Arts & Crafts Expo is Missional Expressions se jaarlikse fondsinsameling en vind plaas van 25 Oktober tot 5 November. Die mark spog met 200 uitstallers wat eksklusiewe hoë kwaliteit produkte verkoop soos juweliersware, sjokolade, keramiek, piouterware en nog vele meer.
Omtrent 22 000 mense woon dié mark elke jaar by. Kliek gerus hier om meer oor die Expo te lees, of gesels met Sonja van Muylwyk / 011 268 4784.

Outdoor Lifestyle Expo 2011

Ons nuwe Outdoor Lifestyle Expo op die naweek van 27-29 Oktober, se fokus val op die buitelewe en aktiwiteite vir die hele familie, wat waarde toevoeg tot die reeds suksesvolle mark.
Om meer oor dié Expo uit te vind, kontak vir Estelle Mengel / 011 268 4779.

***

Silwer Mossie: 11/11/11

Dis amper weer tyd vir ons jaarlikse Gala-geleentheid, Silwer Mossie, waartydens ons vir al ons medewerkers, gemeentelede, donateurs en mense wat Mosaïek hulle geloofstuiste noem, dankie sê vir hulle onmisbare insette deur die jaar. Dit vind plaas op Vrydagaand 11 November, so hou solank dié datum oop op jou kalender.
Om te RSVP, vul asb. hierdie webvorm in, voor of op 4 November, of besoek enige Sondag die toonbank in die Teatro se ingansportaal. Vir meer inligting gesels met Braam Bredenkamp / 011 268 4781.

***

Afsonderingsgeleentheid vir Graad 11's

Baie belangrike besluite word in Gr. 11 geneem, en een van die grootstes is om te begin dink aan wat jy wil gaan studeer. Ons Gr. 11’s word op 30 Oktober tydens die aanddiens afgesonder, wanneer ons saam met hulle wil opgewonde raak en droom oor hulle toekoms.
Indien jy meer oor die afsondering wil uitvind, kontak gerus vir Miranda Wentzel / 011 268 4776.

***

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Nuus

Artikels

X
Loading