November 2011



November 2011 ...

Dit voel kompleet of die jaar amper verby gevlieg het! Om te dink - ons trek reeds in November.

***

Silwer Mossie: 11/11/11

Silwer Mossie 2011 is hier, en komende Vrydag 11 November vier ons Mosaïek se jaarlikse Gala-geleentheid, waartydens ons vir al ons medewerkers, gemeentelede, donateurs en mense wat Mosaïek hulle geloofstuiste noem, dankie sê vir hulle onmisbare insette deur die jaar.
Om te RSVP, vul asb. hierdie webvorm in, voor of op Donderdag 10 November. Vir meer inligting gesels met Braam Bredenkamp / 011 268 4781.

***

Preekreekse

Komende Sondag, 13 November, sluit Johan Geyser die reeks "Hoe bestuur jy jou har?" af met 'n boodskap oor ‘n Vergenoegde hart.

En dan in aanloop tot die Kerstyd begin ons op 27 November met 'n Adventreeks, en dit duur tot 25 Desember.

Doop

Die Doop is een van die spesiale sakramente wat twee keer per jaar plaasvind. Dit is ‘n geleentheid waar ons saam met 'n paar mense hulle reis met die Here kan gedenk.
Die laaste doopgeleentheid vir 2011 vind plaas oor twee weke, op Sondag 13 November.
Registrasie vir dié geleentheid is ongelukkig reeds gesluit, maar indien jy daaraan dink om volgende jaar die stap in jou geloofslewe te neem, of net meer wil uitvind, lees gerus hier meer oor die doop by Mosaïek.

Ron Martoia

Die gewilde internasionale spreker en skrywer, Ron Martoia kuier weer 20 November by ons. Hy gaan ‘n boodskap deel oor die tema “Let go of life at the speed of blur”.
Dr Ron Martoia is ’n transformasie-argitek. Sy passie is om mense en die organismes wat hulle dien te help, asook die ontwerp en bou, en om revolusionêre verandering te ervaar. Hy is ’n kenner op die gebied van die nuwe en veranderende landskap van kerk/kulturele ingryping, waar hy kerke help onderskei hoe hulle hul teologiese uitkyk kan vernuwe, wat dan weer sal help om hulle teikenmark en kulturele speelvlak te verskuif. In die navorsing vir sy doktorsgraad het Ron gefokus op leierskap en kultuur.

Kerstyd dienstye

2011 is amper verby en ons herinner jou graag aan die dienstye tydens die Kersseisoen.

04 Desember: 08:30, 10:15 en 19:00
11 Desember: 08:30, 10:15 en 19:00
18 Desember: 08:30 (Slegs EEN oggenddiens) en 19:00 – Kerssangdiens
24 Desember: 18:00
25 Desember: 09:00 – Duplisering van 24 Desember
31 Desember: 18:00
01 Januarie: 09:00 – Duplisering van 31 Desember
08 Januarie: 08:30, 10:15 en 19:00

Missional Expressions - Peace Project

2011 se Peace Project gaan dieselfde formaat aanneem as die vorige twee jare. Ons gaan weer koeverte beskikbaar hê waar mense kan aandui of hulle op kersdag wil help pakkies uitdeel en/of ‘n finansiële bydrae wil maak.

Ons wil hierdie jaar ons fokus plaas op Hospice, seniorsorg, hospitale, sekuriteitswagte by ons komplekse asook Fairland Polisiestasie.

Omdat Kersdag op ‘n Sondag val, gaan dit great wees as mense direk na die dienste ‘n pakkie of pakkies kan gaan afgee voor hulle huistoe gaan. Ons gaan by die seniors en Hospice mense Turkish Delight afgee. Polisiestasie en hospitale sal weer klein boksies koekies ontvang, en ‘n klein geskenkie (soos ‘n sjokolade, boksie sjokolade of nog koekies) kan ook uitgegee word aan mense soos petroljoggies, sekuriteitswagte ens.

Help ons om dié jaar aan 'n klomp mense dankie te sê deur 'n klein kersgeskenkie.
Vir meer inligting, kontak vir Nerina Reinach / 011 268 4702.

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

 

Nuus

Artikels

X
Loading