Momentum 94.7 Cycle Challenge


Hier is ‘n uitdaging om iets te doen wat werklik die moeite werd is...

MES is ‘n organisasie wat omgee vir die haweloses in Johannesburg, Kaapstad, Port Elizabeth en Kempton Park. Hulle maak ‘n groot verskil in die lewens van die armes.

Hier is die uitdaging: kom ry die 94.7 Momentum fietstoer met ’n MES-kaartjie.

Jy kry:

  • ’n  Fietsryhemp met ’n handelsmerk op en ‘n “Alley Cat” vir jou helmet (jy ontvang dit wanneer jy jou resiesnommer optel)
  • MES skryf jou in vir die resies
  • ‘n Heerlike middagete by die Michelangelo in Sandton op Saterdag 12 November 2011
  • Almal wat deur MES inskryf spring weg om 8:11

Deur middel van die bogenoemde doen jy die fondsinsameling volgens wat jy bereid is om voor te “commit”.

Dis die uitdaging, met ‘n baie goeie einddoel. Kom ons maak saam ‘n verskil hierdie jaar!

Vir meer inligting of om deel te wees van die Mosaiek-span wat vir MES gaan fietsry, kontak vir Hennie Maartens by 011 268 4742 of henniejm@mosaiek.com

Vir besonderhede oor die fietstoer self, besoek gerus www.cyclechallenge.co.za.

Nuus

Artikels

X
Loading