Mez'o aktiwiteite


Mosaïek se hoërskoolbediening, Mez’o was aan die brand die afgelope kwartaal deur verskeie diep belewenisse wat ons saam kon deurmaak.
Die reeks van die kwartaal het gehandel oor hoe om die pyn van die verlede te hanteer, en ons het Jeug- en Vadersdag saam met die gewilde band, Glaskas gevier. Ons het ook afgeskop met ons kuieraksies op Vrydae-aande, waarvan ons jou later meer sal vertel.
Ons meisie-bediening het ook op Woensdae-aande ‘n groot verskil in ons meisies gemaak, waar ons oor ’n hele paar diep onderwerpe gesels het.
Dan het ons ook twee opwindende kampe wat voorlê. Die eerste een is saam met Gig ministries en Bobby van Jaarsveld op 22-24 Julie, en die volgende een is die Y-nerwerk Seekamp by T.O. Strand van 2-7 Oktober. Klik hier om aanlyn ‘n inskrywingsvorm in te vul!

Nuus

Artikels

X
Loading