Die belangrikheid van "Storie" bied die fokus vir die onlangse kleingroep fasiliteerders ontbyt & interaksie. Die spiritualiteit journey fokus op 3 stories - God se storie, ons eie stories, en die stories van die wereld om ons. Kleingroepe bied die ruimte om aandag te luister,te deel en te skep aan stories. Ons verdiep onsself in God se storie uit die Skrifgedeeltes, die antieke tradisies, en God se werking in ons eie lewe. Ons deel ons eie ervarings en stories met ander, en luister na die van ander. Ons luister met deernis na die stories van pyn en lyding van die wereld om ons, en soek saam na maniere om ons passies, gawes en talente in te span om die storie te verander in een van hoop. Transformasie geskied deur story sharing, story participation & story sharing. Dit is die droom van Mosaiek Community om voortdurend ruimtes te kultiveer gebou om storie.
Fasiliteerders het ook praktiese idees gevind in die interaksie getiteld 'Belonging before believing" rondom hoe om nuwelinge deel te maak van n groep. Lees gerus die opsommende artikel hieroor op ons blad elders.
Indien jy n kleingroep fasiliteerder is en meer inligting benodig, kontak gerus vir Jacques Bornman 011 286 4708 of jacquesb@mosaiek.com
