Januarie 2012 E-pos Nuusbrief



Januarie 2012...

Welkom in 2012…
Dis ’n nuwe jaar, en ons het soveel om na uit te sien in 2012. Ons gaan sekere inisiatiewe herbesoek, daar is ’n hele aantal gebeure op die kerkkalender wat na aan ons hart lê en ons is opgewonde oor nuwe opwindende verwikkelinge binne die gemeente.

***

Aandbyeenkomste vervroeg

Vanaf 8 Januarie 2012 vervroeg ons aandbyeenkomste en Klipkerkdienste op ’n Sondag met ’n halfuur. Die Klipkerk sal dan om 17:30 plaasvind, en die aanddiens om 18:30. Ons sien uit na die impak wat dit op ons community en saam-kuier op ’n Sondagaand kan hê.

Preekreekse

"Dís waaroor dit gaan" met Johan Geyser

"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete." (Matteus 22:37-40)

8 Januarie, Om God lief te hê - Johan Geyser
15 Januarie, Om jouself lief te hê - Johan Geyser
22 Januarie, Om ander lief te hê - Johan Geyser

***

Planet J en Mezo

Mosaïek se laerskool- en hoërskoolbedienings, Planet J en Mez’o heropen op Sondag 22 Januarie.
Indien jy jou kinders by een van die bedienings wil registreer, kan jy ’n registrasievorm by die
i-desk kry, of jy kan die vorm vir Planet J en Mezo invul op mosaiek.com.

Vir meer inligting oor Planet J of Mezo, kontak gerus vir Roelof Nel of Miranda Wentzel.

***

Akademie

Die Mosaïek Akademie word in Januarie 2012 geloods, waardeur 6 programme aangebied word wat deur SATS aanvaar word met die oog op voltooiing van 'n B.Th-graad in Teologie.

Die Akademie kan jou help om jou roeping te ontdek. Jy kan ook deur die proses duidelikheid kry oor jou roeping in jou huidige omstandighede, of die studies kan jou toerus vir 'n totaal nuwe rol wat jy moontlik in die toekoms kan vervul. Kursusonderwerpe sluit in Jeugwerk, Musiek en Spiritualiteit, Leierskap, Spiritualiteit, Pastorale Sorg en Geestelike Begeleiding.
Dié modules word bekostigbaar aangebied as 'n kombinasie van klasloop én afstandstudies. Die leerervarings duur vanaf 1 Maart tot 30 Oktober 2012.

Indien jy belangstel vul gerus 'n 'hou my ingelig'-poskaart in by die i-desk of hierdie webvorm.
Navrae kan gerig word aan Baretta Nel 011 215 7202 / barettan@mosaiek.com

Kyk gerus hier wat Johan Geyser vertel oor die Akademie.

***

Mosaïek Community

'n Belangrike beweging in spiritualiteit is dié van isolasie na community.
Die Community-span beywer hulle om prosesse, spasies en bedieninge daar te stel om in die behoefte te voorsien.

In 2012 nooi ons jou om ons te kontak as jy wil deelraak by kleingroepe en community-bedieninge.
Kom kuier saam op die Piazza Sondag 5 Februarie met Visie-Sondag.

Besoek gerus die community-bladsy op ons webwerf vir meer inligting of kontak Pieter le Roux of Jacques Bornman.

Dienswerkgeleentheid

Daar is verskeie dienswerkgeleenthede by Mosaïek as deel van verskeie spanne in verskillende arenas. Indien jy dit oorweeg om by een van die spanne in te skakel in 2012, gesels met Pieter le Roux / 011 268 4712.

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Nuus

Artikels

X
Loading