Herfs by Mosaïek ... (3.5.2011 - Nuusbrief)




Herfs is hier!
Mosaïek Nuusbrief #4
- 4 Mei 2011

Tweede Kwartaal 2011
Ons hoor steeds opwindende stories van Paasseisoen 2011 en mense wat die Lydenstydreis saam met ons meegemaak het! Heilige Week bly maar vir ons 'n hoogtepunt en 'n ongelooflike belewenis in die lewe van die gemeente.

Die komende kwartaal hou 'n hele paar geleenthede in vir jou en jou spirituele reis - met verskeie inisiatiewe wat jou na 'n OP-INwaartse, METwaartse en UITwaartse rigting uitnooi. Ons vertel jou graag daarvan.
Formatio
Transforming Prayer met Johan Geyser
Ons nooi jou uit om na 'n reis rondom gebed, waar jy meer kan leer oor gebed as meditasie en kontemplasie.
(11 Mei tot 1 Junie - Woensdae - 18:30-21:00)
Saamwees met Marius en Bokkie van der Westhuyzen
Saamwees is 'n praktiese leerervaring en opvoedkundige program vir pare (getroud en ongetroud) wat jou verhouding,
en jou denke oor jouself, jou maat, jou gesin en jou hele lewe sal verander.
(11 Mei tot 22 Junie - Woensdae - 18:30-21:00)
Missional living met Roelof Nel en Arnie Swiegers
Tydens die leerervarings gaan ons veral fokus op die missionele uitdrukking wat elkeen van ons intensioneel in ons
lewens mee moet werk, onder die vier temas People, Peace, Planet en Poverty.
(11 Mei tot 22 Junie - Woensdae - 18:30-21:00)
Persoonlike Finansies en Finansiële Beplanning met Michael
McClintock, Samuel van Niekerk, Koos du Plessis, Eugene Balt en Johan Gouws.
In hierdie leerervaring fokus ons op die individu se geldpersoonlikheid en die gawes wat ons ontvang het om ons
finansies beter te bestuur.
(1Junie  tot 22 Junie - Woensdae - 18:30-21:00)
'woord uit Woord' (kalligrafie) met Cecile Walters en Stef van Deventer
'n Praktiese leerervaring wat fokus op die gebruik van skrif in die Visuele kunste.
(11 Mei tot 22 Junie - Woensdae - 18:30-21:00)
Manage your money, live your dreams:
How taking control can change your life met Sunél Veldsman
Die leerervaring help dames met kennis rondom finansies, beplanning om begroting en praktiese aspekte van finansies, basiese verstaan van spaar en beleggings en hoe die finansiële markte werk.
(4 & 11 Mei - Woensdae - 18:30-21:00)

Op 22 Mei vier Johan Geyser sy 50ste verjaarsdag.
Ons gedenk sy verjaarsdag en meer as 20 jaar diens in die gemeente. Indien jy verjaarsdagwense aan Johan wil stuur, kan jy dit gerus op ons webtuiste doen by hierdie link of e-pos Braam.

Verwaarloosde insig oor verhoudings - 1 tot 29 Mei
Ons pak 'n opwindende reeks oor verhoudings aan wat gebasseer is op Jesus se gedagtes in Matt. 5.
I-Can Missional Pilgrimages
Die bydraes van blikkies kos en dies meer wat ontvang is deur hierdie projek om kos aan behoeftiges te verskaf, vind op die volgende datums plaas:
- 14 Mei ... Emthonjeni Community Centre, Kwaggafontein
- 21 Mei ... Embark Foundation, Wesrand
- 28 Mei ... Oasis SA, Diepsloot
- 4 Junie ... Emthonjeni Community Centre, Zandspruit
 
Enige navrae kan gerig word aan Nerina Reinach op 011 268 4702 of per e-pos.

Mosaïek Retreat - 13-15 Mei
 
Hierdie is 'n geleentheid waar jy ...
... weer jouself kan vind,
... verder kan reis op jou eie journey,
... net weer kan stil word,
... by God kan uitkom.
 

Meer inligting beskikbaar by Kinny op 011 215 7207 of e-pos .

 Pinkster - 2-12 Junie
Ons gedenk die Hemelvaart en Pinkstertyd met twee byeenkomste:

Don, 2 Jun - Hemelvaartdiens
Om 19:00 hou ons 'n spesiale byeenkoms in dit Teatro om die dag te gedenk, met Manie Botha.
 
Woens, 8 Jun - Pinksterdiens
Om 19:00 hou ons 'n spesiale pinksterbyeenkoms, met Johan Geyser. 
 

 
 

Nuus

Artikels

X
Loading