 |
Dienste & byeenkomste |
|
 |
Klipkerk
Daar vind elke dag tydens Heilige Week (17-24 April 2011) 'n byeenkoms in die Klipkerk plaas, wat die reis meemaak uit die boek van Markus.
Maandag - 18/4 - 12:00, 18:00 & 19:00
Markus 11:12-19 (Johan Beukes)
Dinsdag - 19/4 - 12:00, 18:00 & 19:00
Markus 11:20-26 (Tiaan Willemse)
Woensdag - 20/4 - 12:00, 18:00 & 19:00
Markus 14:1-11 (Jacques Bornman)
Donderdag - 21/4 - 12:00, 18:00 & 19:00
Markus 14:21-26 (Jeanetta Basson)
Vrydag - 22/4 - 07:00
Markus 15:1-47 (Jaco de Witt)
Saterdag - 23/4 - 12:00, 18:00 & 19:00
Herinneringsdiens vir persone wat geliefdes aan die dood afgestaan het. (Neels van der Bergh)
Sondag - 24/4 - 07:00 & 18:00
Markus 16:1-8 (Manie Botha)
Teatro
Dienstye bly meesal onveranderd, maar tema's pas aan om by die Heilige Week Kalender aan te pas.
Goeie Vrydag - 22/4 - 08:30 & 10:15
God's Logo (Trevor Hudson)
(Nagmaal sal tydens hierdie byeenkoms bedien word)
Opstandingsdag - 24/4 - 08:30 & 10:15
Die Opstanding (Johan Geyser)
(Tema verskil van die aand)
Opstandingsdag - 24/4 - 19:00
Nodig om te glo? (Johan Beukes)
('n Musiek- en Kunste-belewenis gerig op die Nuwe Generasie, ter viering van die Opstanding)
Ander:
Ons herinner jou aan ander geleenthede om in gedagte te hou:
Paasfest - 22/4 - 07:00 tot 17:00
Op Goeie Vrydag vind daar 'n hele aantal gebeure op die perseël plaas wat ons hoop jou Paasbelewenis sal ondersteun - met kuns, kinderaktiwiteite, vertonings en gespreksruimtes; met 'n kosmark.
(Laai hier 'n oorsigdokument af om optimaal te kan beplan - 1.5MB)
Stil Saterdag - 23/4 - 10:00 tot 12:30
'n Besondere oggend word deur Dr Willem Nicol gefasiliteer rondom die tema 'Wagtend op Lewe', waar hy deur 'n aantal praktiese oefeninge, oordenkings en stiltetye ons begelei op die Saterdag wat wag op die Opstanding.
Opstandingsdag - 24/4 - 09:30 tot 13:00
Om die besondere dag te vier, is daar 'n kosmark, lewendige musiek op die Piazza waar jy en jou gesin saam die dag kan gedenk.
|
|
|
Formatio - Tweede Kwartaal
Die tweede kwartaal van ons groei-en ontwikkelingsbeen skop af op 4 Mei 2011 met 'n verskeidenheid modules, onder meer:
Transforming/Transformation Prayer
(Johan Geyser)
Saamwees
(Marius & Bokkie van der Westhuizen)
Persoonlike Finansies en Finansiële Beplanning (Michael McClinttock)
Manage your money, live your dreams
(Sunel Veldsman)
Missional Living
(Roelof Nel & Arnie Swiegers)
'woord uit Woord'
(Kalligrafie - Cecile Walters & Stef van Deventer)
Navrae oor enige van die modules kan gerig word aan Baretta Nel, of sien die webwerf.
|
 |
Kontakinligting |
|
 |
Kantore:
t 011 268 4700
f 011 268 4800
Events-lyn:
s 083 667 2435 / 083 MOS AIEK
Pastorale Sorg Noodlyn:
s 082 372 6818
Ander:
|
|
|
|
 |
 |
Waarvoor kan jy bespreek? |
|
 |
|
Kunste
Meditations on Easter
'n Simfoniese belewenis uit eie bodem met verskeie kunsvorms wat Goeie Vrydag en die Opstandingslewe gedenk. Met onder meer Jasmyn Pretorius, Christian Kritzinger, Melanie Steenkamp, Adri Britz & Ferdinand Gernandt; verskeie spesialiteitsvertonings, kunswerke en uitbeeldings. Musiek deur Johan Heystek en koor o.l.v. Renette Bouwer.
(14:00, Teatro, 90min, 22 Apr)
Annelise Wiid: 'Lig uit Lig'
'n Oorspronklike vertoning deur die sanger, skrywer en aktrise. Die Lier-wenner bied 'n hartroerende belewenis aan deur oorspronklike teks en musiek. Dit vertoon twee keer op die dag.
(12:30 & 16:00, Klipkerk, 55min, 22 Apr)
Eckard Rabe: 'The Rabbi from Tarsus'
Die voormalige sepie-stêr vertolk die rol van Paulus as hy terugkyk oor sy lewe in hierdie toneelstuk.
(12:00, Viaticus 102, 80min insl. pouse, 22 Apr)
PUK-Koor
Die beroemde koor o.l.v. dirigent, Awie van Wyk, bied 'n vertoning aan wat saamgestel uit uit hulle repertorium van gewyde werke.
(10:15, Klipkerk, 60min, 22 Apr)
Kinders
Mapawerland
'n Opwindende nuwe oorspronklike produksie word op die planke gebring deur ons Planet J-span gebasseer op Karin Terblanche se boek; waar kinders begelei deur Makalen 'n nuwe geloofswêreld ontdek.
(Vind plaas tydens beide oggenddienste om 08:30 en 10:15, Genesis 6, 60min, 22 Apr)
Warriors for Jesus
'n Unieke belewenis gebou rondom 1 Kor 13. Geloof, Hoop en Liefde word op 'n belewenis-gerigte manier aangebied vir 'n onvergeetlike lewensles.
(Vind plaas tydens Meditations on Easter om 14:00, Genesis 5, 90min, 22 Apr)
Kos
High Tea
Bespreek gerus vir jou 'n heerlike stapelbord vir 2 om jou Goeie Vrydag-belewenis mee af te sluit.
(15:30, Cafè Familia, 22 Apr)
Kosmark
'n Tradisionele kosmark is deurlopend deur die dag oop langs die Klipkerk vir 'n verskeidenheid peuselgoed op die dag.
(09:00 tot 16:00, 22 Apr &
09:00 tot 13:00, 24 Apr)
Maak gerus gebruik hierdie vorm om enige van hierdie besprekings te maak, deur 'n bestelling te plaas.
|
|
|