Groepe Connect 14 Junie 2011
Die tweede Groepe Connect geleentheid van 2011 vind plaas op Dinsdag 14 Junie. Tydens hierdie geleentheid het groepe saamgekuier om sop en brood, ons stories van groei met mekaar gedeel, en saam vorentoe kyk.
Twee stories uit die aand:
“Ek het die laaste ruk besef dat ek nie altyd in beheer kan wees van my lewe nie. Al het ek altyd op die Here vertrou en op Hom staat gemaak vir als wat ek het, het ek gevoel baie van die dinge is steeds in my beheer en my harde werk wat die uitkoms bepaal. Onlangs laat ek meer oor aan die Here en plaas ek groter vertroue in gebed en die gebed van ander....”
“Ek geniet die kleingroep byeenkomste en ervaar dit as inspirerend en bemoedigend. Vanaand was gesellig en geseend! Dankie....”
Ons kyk uit na jou en julle groep vir die volgende geleentheid!
Die CommUnity-span

