Formatio eerste kwartaal


 

Formatio - ‘n Journey van groei

 

Formatio het die jaar afgeskop in ‘n splinter nuwe baaidjie! Vol verandering en entoesiaisme het ons die jaar afgeskop en het ons die voorreg gehad om saam met 200 medereisigers die eerste siklus aan te pak. Ons het die jaar afgeskop met verskeie interaktiewe leerervainge, onder meer: Discovering your spiritual idenyity deur Trevor Hudson, Immergroen ouerskap deur Ingrid Harper, Vocatio (‘n roepingsgesprek) deur Johan Beukes, Fasilitering van berading deur Pieter le Roux, asook Beleef jou sekerheid deur Prof. Jan van der Watt. 

 

Ons het elke aand afgeskop met ‘n geleentheid om onsself te anker en toe te laat dat ons uit die gejaag van die dag terugkom na ‘n plek van rus; waar ons siel kon opvang met ons liggame tydens ‘n geleenthedi vir bepeinsing en gebed in die Klipkerk. Vanuit die plek van rus het ons die geleenthede engage en saam probeer sin maak van ons elkeen se eie reis en plek waarheen God ons wou neem in die geleenthede. 

 

Dit was voorreg gewees om dele te wees van elkeen se reis. Dankie aan elkeen wat gebou het aan die droom van ‘n learning community op Woensdae aande. Ons sien uit na die volgenede leerervaringe wat afskop op 11 Mei 2011. Kursusse waarna ons uitsien:

 

Transformational prayer (Johan Geyser) - ‘n Reis rondom gebed, waar jy gleer gaan word om te bid deur middel va meditasie en kontemplasie. 11 Mei tot 1 Junie 2011. 

Missional living (Roelof Nel en Arnie Swiegers) - Tydens die leerervaring gaan ons veral fokus op die missionele uitdrukking wat elkeen van ons intensioneel in ons lewens mee moet werk. Temas sluit n: People, poverty, planet en peace. 11 Mei tot 22 Junie 2011.

Manage your money, live your dreams (Sunel Veldsman) - Die leerervaring help dames met kennis rondom finansies, beplanning en begroting en praktiese aspekte van finansies, basiese verstaan van spaar en beleggings en hoe die finansiele markte werk. 4 en 11 Mei 2011. 

Persoonlike finansies (Micheal McClintock,Samuel van Niekerk, Koos du Plessis en Johan Gouws) - Fokus op die geldpersoonlikheid en die gawes wt ons ontvang het om ons finansies beter te bestuur. 1, 8 en 15 Junie 2011. 

Woord uit Woord (Stef van Deventer en Cecile Walters) - ‘n Praktiese leerervaring wat fokus op die gebruik van Skrif in die Visuele kunste. 11 Mei tot 22 Junie 2011.

Saamwees (MArius en Bokkie van der Westhuyzen) - ‘n Praktiese leerervaring en opvoedkundige program vir pare (getroud en ongetroud) wat jou verhouding, en jou denke oor jouself, jou maat, jou geisn en jou hele lewe sal verander - 11 Mei tot 22 Junie 2011. 

 

Skakel gerus vir Baretta Nel by 0112157202 of barettan@mosaiek.com vir meer inligting.

 

Nuus

Artikels

X
Loading