Die Partnership Developer vir Emthonjeni Community Centres, Mev. Estelle Mengel, is op 4 September aangewys as 'n finalis vir Mev. Suid-Afrika 2011.
Estelle, wat vir die meeste van haar volwasse lewe by welsynswerk betrokke is, het vir die kompetisie ingeskryf om aandag te vestig op die behoeftes in gebiede in en om Johannesburg wat deur armoede getref is.
"Ek glo armoede gaan nie net oor fisiese tekorte nie, maar sluit ook 'n tekort aan geleenthede in. Ek is passievol daaroor om 'n positiewe verskil te maak in hierdie gemeenskappe en om hoop aan die mense te bring. Ek glo hulle het almal die reg op 'n gelukkige toekoms" sê Estelle.
Baie geluk Estelle, ons wens jou net die beste toe vir die kompetisie wat in November plaasvind.
