Embark Foundation het op Vrydag 5 Augustus, in samewerking met die Putco Foundation, die dames van plaaslike polisiestasies by Mosaïek ontvang vir 'n heerlike bederf, as deel van die Vroue Dag-vierings.
Om 9:00 het hulle 'n Klipkerkdiens bygewoon wat aangebied is deur Jeanetta Basson, van Mosaïek se Missional Expressions. Die tema vir die dag was “Put ‘n little love in your heart”.
Na die diens is almal na die Mezzanine waar kleurvolle gedekte tafels hulle verwelkom het. Elkeen het ‘n giftpack gekry en daar was ook ‘n lucky draw vir elke vrou. Die gewilde akteur, sanger en skrywer, Philip Moolman, het die dames vermaak met sy musiek en hulle het saamgesing en gedans, veral toe hy die liedjies in hulle eie taal gesing het. Moolman se vrou, Susan Coetzer was die gasspreker en het haar insig oor die dag se tema gedeel.
Almal het saam brunch geëet, en tot 12:30 heerlik saam gekuier.
Ons wil graag elke vrou celebrate, en elkeen 'n geseënde Vroue Dag toewens.