Meer oor ons …
Beskou jy ’n Sondag dienservaring in al sy fasette as ‘n platform wat predeking ondersteun? Hou jy daarvan om kreatief agter die skerms te werk? Gee jy aandag aan detail? Hou jy daarvan om ander te ondersteun? Kan jy leiding gee as die situasie dit vereis? Ons Sondagbyeenkomste is die vertoonvenster tot Mosaïek se dinamiese gemeenskap – en baie van die energie van ons medewerkers word ingespan om dit hindernisvry te laat verloop, en kreatief-inspirerend te maak.
Geleenthede wat bestaan …
- Navorsers en kreatiewe denkers wat tyd en energie in ons dienstemas kan inploeg om relevantheid, verskeidenheid en akkuraatheid te bevorder. Hulle kry ook die geleentheid om preek temas kreatief uit te bou deur kreatiewe mediums soos dekor, uitdeelstukke en vindingryke idees. Deelname aan hierdie span is reeks en tema gebonde.
- Dienskoördineerders en verhoogbestuurders is verantwoordelik om dit wat op die verhoog plaasvind tydens ons dienste of spesiale gebeure bymekaar te hou. Of dit nou is om rekwisiete en dekorveranderings in momente tydens die diens te maak; kommunikasie te fasiliteer tussen die mediasentrum en die verhoog te behartig; of ondersteuning te bied aan die dienskoördineerder en predikers, hierdie is ’n dinamiese span wat ’n belangrike deel van Sondae dienste vorm.
As enige van die bogenoemde jou aangryp, meld asb by ons aan.
Navrae:
Melissa Nieuwoudt, 011 268 4701 / beleef@mosaiek.com
Ettienne Booysen, 011 268 4713 / ettienneb@mosaiek.com
Stef van Deventer, 011 268 4733 / stefv@mosaiek.com