Die reis na Heilige Week ... (14.3.2011 - Nuusbrief)


Die reis na Heilige Week
Lydenstyd 
Preekreeks
People Project
Heilige Week
Meditations on Easter 

.....................................

14 Maart 2011
Lees in hierdie nuusbrief, meer oor die verskillende inisiatiewe wat tydens Lydenstyd by Mosaiek aangebied word.


.....................................

web:
www.mosaiek.com

email:
info@mosaiek.com

tel:
011 268 4700


 

 


    Op 9 Maart 2011 het die Lydenstyd reis by Mosaïek begin. Vir die volgende 40 dae het daar talle mede-pelgrims besluit om hierdie aanloop na Heilige Week en Goeie Vrydag te gedenk, deur die eeue-oue Christelike praktyd van opoffering, afsondering en toewyding wat met hierdie seisoen gepaardgaan.
   Daar is verskeie reisroetes, en hoogtepunte wat in tussen nou en 24 April 2011 (OpstandingSondag) plaasvind, en hier is 'n paar opsies, wat jy kan ondersoek sou jy belangstel.
   Mag hierdie seisoen vir jou ook die uitnodiging bied om nader aan God en jou naastes te groei, en mag jy ook die vrymoedigheid beleef om 'n verskil te maak in die wêreld waarin jy jouself bevind. 
.............................................................................................................................................
Lydenstyd
 
   Die woestynvaders (vroeë gelowiges wat hulleself afgesonder het in die hoop om 'n beter begrip te kry van wat volgers van die Weg - Christenskap - beteken) het voorgestel dat daar sekere tye in die jaar is, waar ons onsself kan blootstel aan 'n woestynervaring, in die hoop om te groei in ons verhouding met God.
   Dit het 40 dae voor PalmSondag begin (Die Sondag voor Goeie Vrydag), op 'n dag wat as As-Woensdag bekendgestaan het.    Voorstelle vir die reis het temas behels soos opoffering van iets waaraan jy verknog mag wees, doelbewuste tye van afsondering en die beoefening van self-ondersoek.

   'n Spesiale Lydenstydhandleiding is saamgestel om jou te vergesel en begelei deur hierdie tyd. Jy kan die hier aflaai, in PDF-formaat.
   (Van Maandae tot Donderdae, om 12:00 word daar ook in die Klipkerk, rondom die tema's wat in die handleiding uiteengesit is, afgesonder.)

Rig navrae aan Jacques Bornman.
............................................................................................................................................

Preekreeks: 'n god wat god is

   'n Spesiale Lydenstydreeks vir 2011 het afgeskop op 13 Maart 2011. Tydens hierdie reeks reflekteer en raak ons bewus van daardie dinge wat so maklik God se plek in ons lewens kan inneem.
   Tema's in die reeks sluit in: 'Letting God be God', 'as die suksesleer te kort is', 'when sex is so much less', 'as die skatkis vol is', 'as genot te min is' en 'when power fails'. Sien die InKontak of mosaiek.com vir sprekers en verdere inligting oor die dienste. 

Rig navrae aan Michelle Cronje.
............................................................................................................................................

People Project: ican
   Missional Expressions nooi jou uit om ook tydens Lydenstyd elke jaar in te skakel by een van hulle drie sleutel projekte (ook Planet Project in September, en Peace Project tydens Advent).
   Deel van die Lydenstydreis stel ook 'n afskaling van luukshede af. Daar is bv. 'n praktyk waar eenvoudige kos in die seisoen geëet word. In die lig hiervan word jy uitgenooi om deel te vorm van I-Can. Hierdie inisiatief hoop om kos in te samel wat deur ons bedieningspanne deur pelgrimstogte versprei sal word aan minderbevoorregtes en finansieel-uitgedaagtes.
   Ons nooi jou uit om blikkieskos, of ander nie-bederfbare kos, te bring en in die toegekende 'blikke' in die ingangsportaal van die Teatro te plaas. Daar is ook ander maniere wat jy by die projek kan inskakel.
   (Tydens Lydenstyd sal daar ook tydens ons dienste spesiale momente en tye toegeken word waar ons meer kan uitvind of kan bid vir projekte wat in armes se lewens 'n verskil maak.)
Rig navrae aan Nerina Reinach.
............................................................................................................................................

Heilige Week & Paasfest

   Tussen 17 en 24 April vind Heilige Week plaas, wat kulmineer in die naweek van Goeie Vrydag en OpstandingSondag.
   'n Groot verskeidenheid aktiwiteite vind tydens die sewe dae plaas, onder meer Kruisstasies, Spesiale Klipkerkbyeenkomste. Vertonings deur kunstenaars soos Annalise Wiid, Eckard Rabe en die PUK-koor o.l.v. Awie van Wyk.
   Vir ons jonger generasie bied Planet J 'n oorspronklike
musical aan wat beloof om baie opwindend te wees.
   Hou die spasie dop vir meer inligting, of 

Of laai 'n vinnige A5-brosjure oor die beoogde aktiwiteite af.
Rig navrae aan Braam Bredenkamp.

 

............................................................................................................................................

Meditations on Easter

   Reeds 'n hoogtepunt op ons kalender, word die simfoniese belewenis, Meditations on Easter, weereens aangebied, hierdie keer onder leiding van ons eie maestro, Johan Heystek, met 'n spesiale koor onder leiding van Renette Bouwer. Die vertoning vind op Goeie Vrydag, 22 April om 14:00 plaas.
   Met 'n verskeidenheid ander kunsvorms deur die Inspirerende Kunste-span beloof hierdie om weer 'n inspirerende produksie te wees wat op hierde gekunstelde wyse reflekteer op die besondere gebeure van hierdie week. 
   Kaartjies tussen R70 en R90. En is ook by
Computicket beskikbaar (teen 'n addisionele hanteringsfooi). 

Rig navrae aan Braam Bredenkamp.

 

............................................................................................................................................

In die volgende nuusbrief vertel ons meer oor geleenthede wat tydens Heilige Week aangebied word.
 

Nuus

Artikels

X
Loading